SportSport

Pieter de Klerk rondomtalie tennistoernooi gaan vir groot aksie sorg

Die derde Pieter de Klerk rondomtalie-tennisdag gaan op Saterdag, 11 Februarie  weer vir groot tennisaksie en pret sorg by die Potchestroom Buiteklub. Volgens Pieter de Klerk van Potchefstroom Buiteklub tennis, gaan hierdie jaar weer net so lekker soos die vorige jare wees. “Ons verwag ‘n groot opkoms van spelers daardie naweek. Inskrywingsgeld is R50 en …

Die derde Pieter de Klerk rondomtalie-tennisdag gaan op Saterdag, 11 Februarie  weer vir groot tennisaksie en pret sorg by die Potchestroom Buiteklub.

Volgens Pieter de Klerk van Potchefstroom Buiteklub tennis, gaan hierdie jaar weer net so lekker soos die vorige jare wees.

“Ons verwag ‘n groot opkoms van spelers daardie naweek. Inskrywingsgeld is R50 en wedstryde gaan in dubbels-formaat gespeel word. Daar gaan ook na die tyd ‘n heerlike bring-en- braai wees,” het hy genoem.

Die rondomtalie gaan om 11:00 begin en groot pryse en wisseltrofeë gaan op die spel wees.

Natuurlik sal daar genoeg verversings ook wees vir die honger en dors spelers na ‘n paar intense potte en stelle op die bane.

Vir meer inligting kontak Pieter by 083 274 6424 of Marlene by 083 463 2937.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button