Edrich Lubbe: Pukke se speler vir die groot oomblikke
In elke uitstekende krieketspan is daar ‘n speler wat sy hand opsteek en seker maar dat hy in moeilike omstandighede die span deur dik en dun dra. Edrich Lubbe was daardie speler vir NWU-Pukke in verlede week se Varsity Krieket-toernooi waar hy in die eindstryd as senior speler sy span deurgedra het. ‘n Mens kan …
In elke uitstekende krieketspan is daar ‘n speler wat sy hand opsteek en seker maar dat hy in moeilike omstandighede die span deur dik en dun dra.
Edrich Lubbe was daardie speler vir NWU-Pukke in verlede week se Varsity Krieket-toernooi waar hy in die eindstryd as senior speler sy span deurgedra het. ‘n Mens kan ook nie sy belangrike 55* teen UWC vergeet in die groepsfase nie.
“Die feit dat ek aan die einde daar was, was vir my baie belangrik. Dit is jou verantwoordelikheid as senior speler om op te staan in die moeilike situasies, en as jy daar is dan is dit darem in jou hande ook,” het hy verduidelik.
Saam met Jovaun van Wyngaardt het hulle in die eindstryd hulle span met ’n 29-lopie vennootskap na die titel gelei. “Ek en Jovaun is albei senior spelers, en toe hy instap het ek vir hom gesê, “bly net hier, ons gaan nie weer die geleentheid kry nie, so kom ons wen dit.
Vat verantwoordelikheid en maak seker ons vat die span oor die lyn.” Volgens Pukke se paaltjiewagter was hulle voorbereiding uitstekend gewees en hulle het geweet wat om in elke situasie te doen. “Ons was ‘n span en almal het bygedra wanneer daar van hom verwag word om by te dra.
Natuurlik het die toeskouers ook ‘n rol gespeel. Die atmosfeer was amazing gewees. Die wen beteken regtig baie vir my persoonlik, dit was vir my fantasties om terug te gee aan Puk en Puk Krieket vir alles wat hulle vir my gedoen het.”



