SportSport

Nuus van die Potchefstroom Buiteklub

Die Noordwes gholfunie het op 5 Februarie hulle jaarlikse geslote kampioenskap by die Orkney gholfklub aangebied. 64 spelers van Noordwes het deelgeneem. Die weer het mooi saamgespeel en die toernooi oor 36 putjies is voltooi. Die uitslae was: 139 – Theunis Bezuidenhout (Rustenburg) 67 72 141 – SP Campher (Potchefstroom) 70 71 142 – Douglas …

Die Noordwes gholfunie het op 5 Februarie hulle jaarlikse geslote kampioenskap by die Orkney gholfklub aangebied. 64 spelers van Noordwes het deelgeneem. Die weer het mooi saamgespeel en die toernooi oor 36 putjies is voltooi.

Die uitslae was:

139 – Theunis Bezuidenhout (Rustenburg) 67 72

141 – SP Campher (Potchefstroom) 70 71

142 – Douglas Mccabe (Rustenburg) 73 69; Andre van Dyk (Klerksdorp) 73 69

*Die Potchefstroom Buiteklub was bedrywig met verskeie kompetisies. *Woensdag 1 Februarie was daar ‘n  IPS-kompetisie.

Die wenners was:

1e – Cas Bakkes met 40 punte

2e – Riaan Swart met 37 punte

3e – Henry Swanepoel met 37 punte

*Vrydag 3 Februarie is ‘n nege putjie vleiskompetisie gespeel.

Die wenners was:

1ste – Manie Smit met 20 punte

2de – Micheal Muller met 19 punte

3de – Albert Britz met 17 punte

*Saterdag 4 Februarie het die Wimpy Potchefstroom die maandelikse medal-kompetisie geborg.

Die wenners was:

A-Afd: – Jan Viljoen met ‘n netto telling van 68, B – Afd: – Fanie Campher met ‘n netto telling van 73,  C – Afd: – Johnny Avenant met ‘n netto telling van 71.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button