Rekord getal Potchefstromers durf Ironman aan in Oos-Londen
Potchefstromers het hierdie jaar soos nog nooit tevore hulle staal in die strawwe en uiters kompeterende Ironman 70.3 kompetisie in Oos-Londen op 29 Januarie gewys. Zoli de Kock het was een van die uitstaande vroue atlete van Potchefstroom en het vir die tweede agtereenvolgende jaar eerste oor die wenstreep in haar ouderdomskategorie (30-40) gedraf. Dawie …
Potchefstromers het hierdie jaar soos nog nooit tevore hulle staal in die strawwe en uiters kompeterende Ironman 70.3 kompetisie in Oos-Londen op 29 Januarie gewys.
Zoli de Kock het was een van die uitstaande vroue atlete van Potchefstroom en het vir die tweede agtereenvolgende jaar eerste oor die wenstreep in haar ouderdomskategorie (30-40) gedraf. Dawie Janse van Rensburg (40-44) het ook ‘n puik vierde plek behaal.

Haar breë glimlag het boekdele gespreek oor haar passie vir driekamp wat sy met doelgerigtheid uitleef.
“Swem is waar ek goed presteer het en baie tyd opgemaak het om vir Caroline Wostman te kon wen. In Durban het ek sesde gekom toe daar nie swem was vanjaar nie,” vertel De Kock.
Volgens De Kock het sy meer gemaklik vanjaar as die vorige jaar gevoel omdat sy geweet het wat om van die Ironman 70.3 te verwag.
“Dit was ‘n taai dag gewees met die wind wat fietsry moeilik gemaak het. Die tye was algeheel stadiger as verlede jaar, maar my hardlooptyd was vinniger wat vir my bewys dat ek definitief fikser is. Dit was ook hooggety toe ons geswem het, wat dit ook uitdagend gemaak het,” sê Zoli.
Daar het altesaam 49 atlete van Potchefstroom aan die Ironman 70.3 deelgeneem, wat die grootste groep van dié stad tot op datum is.
Potchefstroom se atlete:
(Algehele tye)
- Dawie Janse van Rensburg:5:00:25
- Magda Niewoudt: 5:06:50
- Tiaan Swart: 5:11:09
- Marcel Genis: 5:21:05
- Japie Kruger: 5:22:48
- Zoli de Kock: 5:26:22
- Francois Mienie: 5:27:54
- Hannes Jonker: 5:33:24
- Dean Rossin: 5:34:55
- Dylon Kruger: 5:38:49
- Willie de Kock: 5:40:29
- Ferdi Huisamen: 5:52:12
- Henry Relling: 6:02:23
- Cheri Oosthuizen: 6:10:11
- Zack van der Merwe: 6:15:10
- Marius Liebenberg: 6:16:12
- PZ Oberholtzer: 6:16:40
- Lizzy Taute: 6:20:39
- Audrey Liebenberg: 6:30:23
- Philip Venter: 6:36:16
- Piet van der Merwe: 6:39:23
- Francois Naude: 6:39:53
- Duane Maartens: 6:40:23
- Alfred Nebe: 6:41:16
- Dana Schutte: 6:41:20
- Kristof Briers: 6:42:37
- Theresa Strydom: 6:50:17
- Lene Hugo: 6:53:50
- Jonathan Baron: 6:55:03
- Daan de Waal: 7:00:12
- Werner Oosthuizen: 7:00:47
- Mienke Nebe: 7:02:47
- Elaine Burger: 7:10:01
- Jolanda Rossin: 7:11:18
- Naomi Nebe (Roets): 7:12:24
- Ockert Fourie: 7:14:41
- Janene Joubert: 7:20:59
- Jana Jonker: 7:22:21
- Andre Denobili: 7:24:16
- Brent Hazel: 7:33:06
- Christa Palm: 8:02:00
- Elana Baron: 8:06:37
- Koos Burger: 8:12:49
- Anlia Postma: 8:15:01
- Sanet Rens: 8:15:05



