Brons vir Noordwes rolbal se senior vroue
Die vlagskip van Noordwes Rolbal vir hierdie jaar se pasafgelope Interdistrikte toernooie waaraan 20 rolbaldistrikte van regoor die land deelneem, is beslis die senior vrouespan wat met bronsmedaljes teruggekeer het. Die stad was goed verteenwoordig in hierdie span: Brenda Palmer en Rose du Plessis van Potchefstroom Rolbalklub en Helena Koekemoer en Cathy Stewart van die …
Die vlagskip van Noordwes Rolbal vir hierdie jaar se pasafgelope Interdistrikte toernooie waaraan 20 rolbaldistrikte van regoor die land deelneem, is beslis die senior vrouespan wat met bronsmedaljes teruggekeer het.
Die stad was goed verteenwoordig in hierdie span: Brenda Palmer en Rose du Plessis van Potchefstroom Rolbalklub en Helena Koekemoer en Cathy Stewart van die Buiteklub het kragte saamgesnoer met die Parysspelers Lazuya Serfontein en Toets van der Westhuizen, Klerksdorp se Bettie Beare en Marlene Potgieter van Coligny.
Die span het tweede in hulle seksie geëindig en vyf van hulle nege wedstryde gewen.
Die twintig spanne word in twee seksies van 10 spanne elk verdeel.
Die senior mans het gesukkel en kon net een wedstryd wen. Hulle eindig negende in hulle seksie.
In die ope-afdeling het die mans skielik begin vasbyt en na ‘n sukkel begin hulle laaste vyf wedstryde gewen om derde in die seksie te eindig.
Die vroue was vyfde in hulle seksie met vier oorwinnings.
*Die uitslae van die B-toernooi was teen saktyd nog nie beskikbaar nie.



