Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Potch Dorp wys weer dat klubrugby gesond is met groot rugbydag

Potch Dorp Rugbyklub se velde was die afgelope naweek (Saterdag, 18 Maart) stampvol ondersteuners wat ‘n werklike rugbyskouspel van sowat 12 ure beleef het. Altesaam 21 spanne het aan hierdie rugbydag deelgeneem, waar beide mans en vrouerugby groot aandag geniet het. Die aksie was vuurwarm op die veld en spelers het werklik bewys watter talent …

Potch Dorp Rugbyklub se velde was die afgelope naweek (Saterdag, 18 Maart) stampvol ondersteuners wat ‘n werklike rugbyskouspel van sowat 12 ure beleef het.


Altesaam 21 spanne het aan hierdie rugbydag deelgeneem, waar beide mans en vrouerugby groot aandag geniet het.
Die aksie was vuurwarm op die veld en spelers het werklik bewys watter talent daar in die provinsie is.

Potch Dorp sowel as die Landboukollege se Pampoenboere het ook Potchefstroom se naam hoog gehou en vir Ikageng met 61-19 geklop. Potch Dorp se eerste vrouespan het die dag op ‘n hoë noot begin toe hulle met 32-0 teen Ikageng Vroue gewen het. Skrumskakel Ferana van Heerden is as die speler van die wedstryd aangewys vir haar uitstekende spel met die rugbybal in hand, goeie balverspreiding, sowel as ‘n oog vir die pale en die drielyn. Saam met losskakel Megan Mackenzie was hierdie twee soos vinkel en koljander op die veld en het vir Ikageng keer op keer na strooihalms laat gryp.
Dorp het die volgende wedstryd teen Matlosana met 5-15 gewen, maar toe in die finaal teen Mmabatho met 29-10 geseëvier.
Potch Dorp se manspanne het wel nie so goed gespeel nie, en moes die knie teen Klerksdorp buig. Die eerste span het 34-8 verloor terwyl die tweede span met 17-8 teen Klerksdorp se tweedes verloor het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button