SportSport

Driespelkampioenskappe vind Saterdag plaas by Potchefstroom Rolbalklub

Die laaste rondes van die Noordwes Rolbal Driespelkampioenskap wat Saterdag 4 Maart by die Potchefstroom Rolbalklub sou plaasvind, is weens reën uitgestel en vind op 1 April plaas. Net een span van die stad sal in aksie wes en wel die Potchefstroom Rolbalklub se Corrie Breitenbach, Elly van Dijk en Minnie Swart. Vir die eerste …

Die laaste rondes van die Noordwes Rolbal Driespelkampioenskap wat Saterdag 4 Maart by die Potchefstroom Rolbalklub sou plaasvind, is weens reën uitgestel en vind op 1 April plaas.

Net een span van die stad sal in aksie wes en wel die Potchefstroom Rolbalklub se Corrie Breitenbach, Elly van Dijk en Minnie Swart.

Vir die eerste keer in baie NW rolbalkompetisies is daar nie ‘n vrouespan van Klerksdorp rolbalklub in die uitspele betrokke nie. Die KOSH-vlag word in die Driespel gedra deur Orkney en Strathvaal.

Helen Jansen, Marissa Knuppe en nuwe Strathvaal klublid Moira Hill speel teen Potchefstroom Rolbalklub.

Die Orkney span wat bestaan uit Burnadine Muller, Adeline Earle en Suzette Linden het die seksie gewen teen Klerksdorp, Fochville en Potchefstroom en speel teen die altyd moeilike teenstanders, Magdel O’Donoghue, Toets van der Westhuizen en Lazuya Serfontein van Parys.

Strathvaal het twee mansspanne in die uitspele.

Twee nuwe klublede, Gene Hill en Chris Nicolaou het saamgespan met veteraan Ben Theunissen en speel teen Mafeking na hulle die seksie teen Potch Buiteklub, Klerksdorp en La Farge gewen het.

Strathvaal se ander span het hulle seksie gewen teen twee Klerksdorp spanne en Parys en bestaan uit Ferdi Jansen, Henk Heymel en Andre Meyer. Hulle speel teen Klerksdorp se Mike Bennetto, Errol Booth en Alan Kirkland wat die seksie teen Buiteklub, Orkney en Mafeking gewen het.

Die wedstryde gaan beslis rolbal uit die heel boonste rak oplewer.

Related Articles

Back to top button