Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Laerskoolatlete skitter tydens SA’s in Potch

Potchefstromers kan trots wees op hulle laerskoolatlete wat tydens die gesogte SA Laerskole Atletiekkampioenskappe wat op 24 en 25 Maart in Potchefstroom gehou is, hul goed van hul taak gekwyt het. Hulle het teen van die land se topatlete van die Wes-Kaap, Gauteng, Vrystaat en Mpumalanga deelgeneem en Noordwes se atlete in groen, geel en …

Potchefstromers kan trots wees op hulle laerskoolatlete wat tydens die gesogte SA Laerskole Atletiekkampioenskappe wat op 24 en 25 Maart in Potchefstroom gehou is, hul goed van hul taak gekwyt het.

Hulle het teen van die land se topatlete van die Wes-Kaap, Gauteng, Vrystaat en Mpumalanga deelgeneem en Noordwes se atlete in groen, geel en rooi het nie teruggestaan nie.

Laerskool ML Fick se uitstekende langafstand atleet, Janise Nell, het haar skool en provinsie trots gemaak met ‘n gouemedalje in die dogters o.13 1500 meter stap. Hierdie Noordwes-atleet was op haar stukke en het voor haar tuisondersteuners in Potchefstroom op die Puk McArthur Stadion ‘n pragtige tyd van 7:32.45 gehardloop. Haar naaste teenstander, Nikita Toerien van die Wes-Kaap, kon net in 8:16.32 klaarmaak. Laerskool Mooirivier se Christi-Mari Coetzee het ook in die dogters o.11 hoogspring beïndruk met ‘n silwermedalje vir haar sprong van 1.40 meter. Riandi Boshoff (o.13) het ook ‘n silwermedalje vir Tokkies en haar provinsie behaal met ‘n 40.39 meter gooi in die skyfwerp-item.

Promosa Primêr se blits, Phemelo Monchusi was ook uitstekend gewees en het ‘n bronsmedalje in die 200 meter vir seuns o.13 behaal.

Ander uitstekende prestasies by die byeenkoms was Gauteng se Liam Pavier wat ‘n ongelooflike 16.95 meter in die seuns o.12 gewigstoot gegooi het, om die nuwe rekordhouer in dié item te word.

Foto’s: Wouter Pienaar en Dustin Wetdewich

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button