SportSport

Puk-swemmers maak die pap dik aan

Tydens die Vlak 3 nasionale streekkampioenskappe wat vanaf 23 tot 26 Maart in Pretoria gehou is, het swemmers van die NWU-Swemklub hul behoorlik laat geld en die ander swemklubs in Noordwes met die handdoek oor die kop huis toe gestuur. Die begeesterde junior Pukkies het in die finale rondtes geboer en selfs in die 13 …

Tydens die Vlak 3 nasionale streekkampioenskappe wat vanaf 23 tot 26 Maart in Pretoria gehou is, het swemmers van die NWU-Swemklub hul behoorlik laat geld en die ander swemklubs in Noordwes met die handdoek oor die kop huis toe gestuur.
Die begeesterde junior Pukkies het in die finale rondtes geboer en selfs in die 13 jaar en jonger 4x50m wisselaflos vir Tuks op die neus laat kyk. Die ster van die byeenkoms was Alexia Duarte met goud in beide die 100m en 50m vlinderslag.

Retief Esterhuysen het bronsmedaljes in dieselfde items om die nek gehang, terwyl Lionel Moss (100m kruipslag), Juandré Uys (200m borsslag) en Jana van Rheede van Oudtshoorn (50m borsslag) silwer hul voorkeur gemaak het. Janco Uys (200m borsslag) en Danita Blokker (200m kruipslag) het brons ingepalm. Saam met Annien Muller (silwer, 100m borsslag) en Courtney van Biljon (goud 50m vlinderslag) het die groter NWU swemklub ‘n 11de plek uit 60 deelnemende klubs behaal en as provinsiale wenner uit die stryd getree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button