SportSport

Gimmies se twee spoedvrate samel 8 medaljes in

Sy is dalk nie die grootste atleet nie en kom as ietwat skamerig voor, maar Miandi van Staden van Potchefstroom Gimnasium (14), het bewys dat dinamiet uit klein pakkies kom met ‘n medaljeoes van vier medaljes (twee goud, en twee brons) tydens die SA Skole Atletiekkampioenskappe. Van Staden het die rekordboeke herskryf en haar skool …

Sy is dalk nie die grootste atleet nie en kom as ietwat skamerig voor, maar Miandi van Staden van Potchefstroom Gimnasium (14), het bewys dat dinamiet uit klein pakkies kom met ‘n medaljeoes van vier medaljes (twee goud, en twee brons) tydens die SA Skole Atletiekkampioenskappe.
Van Staden het die rekordboeke herskryf en haar skool en provinsie bitter trots gemaak met twee gouemedaljes in die uitdagende 100- en 200 meter naellope vir dogters o.15 met twee absolute skitterwedlope.

Gimmies se goue atletiekdogters! Miandi van Staden en Karmen Fouché vier hulle oorwinning saam met Gimnasium se atletiekorganiseerder, mnr. Arnold van der Merwe.
Gimmies se goue atletiekdogters! Miandi van Staden en Karmen Fouché vier hulle oorwinning saam met Gimnasium se atletiekorganiseerder, mnr. Arnold van der Merwe.

In die 100 meter het hierdie atleet soos ‘n vuurpyl van die blokke af geskiet in haar gunstelingitem in ‘n tyd van 12.09. In die 200 meter het sy weer haar goue intensies gewys met ‘n skitterende tyd van 25.00 om haar familie trane van blydskap te besorg.
Boonop het sy toe verder ook in die aflos-items twee verdere bronsmedaljes behaal en saam met Karmen Fouché vier medaljes huis toe gebring. Fouché het self ook uitgeblink in die ver- en hoogspring met twee silwermedaljes. Fouché was verlede jaar die SA kampioen op o.13 vlak.

Karmen Fouché van Gimmies het ook twee silwer- en twee bronsmedaljes verower.
Karmen Fouché van Gimmies het ook twee silwer- en twee bronsmedaljes verower.

Van Staden, wat deur Werner Burger afgerig word, doen nog net vir twee jaar atletiek, nadat sy op o.13 vlak begin het om deel te neem. Haar vordering is dus merkwaardig en dinge kan in die toekoms net nog beter gaan vir hierdie donkerkop blits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button