Swemmers presteer by Vlak 2 streeksbyeenkoms in Germiston
Potchefstroom Swemklub se Vlak 2 swemmers het net soos die swemmers wat aan die Vlak 3 streeksbyeenkoms en SA junior nasionale kampioenskappe deelgeneem het, baie goed presteer. Dit is die resultaat van ure se toegewyde oefening onder die bekwame leiding van die klub se gala swemafrigter, Carine Cronje. Die Vlak 2 streeksbyeenkoms is vanaf 31 …
Potchefstroom Swemklub se Vlak 2 swemmers het net soos die swemmers wat aan die Vlak 3 streeksbyeenkoms en SA junior nasionale kampioenskappe deelgeneem het, baie goed presteer. Dit is die resultaat van ure se toegewyde oefening onder die bekwame leiding van die klub se gala swemafrigter, Carine Cronje. Die Vlak 2 streeksbyeenkoms is vanaf 31 Maart tot 2 April by die Delville-swembad in Germiston gehou.
‘n Totaal van 68 klubs het tydens dié gala kompeteer. Die volgende swemmers van Potchefstroom Swemklub het deelgeneem: Pieter-Jaque du Toit, Conrad Jordaan, Leniese Kock, Nicola Kruger, Ilze Nolte, Anika Rossouw, Luané Scheepers, en Tumé van Niekerk. Conrad Jordaan het twee bronsmedaljes verower vir die 100m borsslag en 50m vryslag. Anika Rossouw het ‘n silwermedalje in die 200m borsslag verower en Tumé van Niekerk ‘n bronsmedalje in die 50m vryslag.



