SportSport

Puk swemmer nou nasionale kampioen

Noordwes Swem spog met die nuwe SA nasionale junior swemkampioen in die 200 meter vlinderslag, en sy naam is Franco van Niekerk. Maak gerus ‘n nota van hierdie naam, want die kanse is goed dat Van Niekerk nog vir lank naam in die water gaan maak. Van Niekerk, wat onder die afrigting van Marike van …

Noordwes Swem spog met die nuwe SA nasionale junior swemkampioen in die 200 meter vlinderslag, en sy naam is Franco van Niekerk.

Maak gerus ‘n nota van hierdie naam, want die kanse is goed dat Van Niekerk nog vir lank naam in die water gaan maak.

Van Niekerk, wat onder die afrigting van Marike van Oordt van Puk Swemklub uitblink, se fokus was vanjaar op die 100- en 200 meter vlinderslag. Hy het ook in die item ‘n nuwe NW rekord van 2:09.59 opgestel. Hy het sodoende tydens die SA Nasionale Swemkampioenskappe in Durban bewys dat talent, harde werk en genade van Bo ‘n wenresep is.

Van Niekerk is van kleins af soos ‘n vis in die water en was op junior vlak reeds ‘n kranige swemmer toe hy tot 2009 by Laerskool Mooirivier skoolgegaan het. Sy ouers het Paarl toe getrek met die oog op sy ontwikkeling as swemmer.

Hy was toe onder Ryk Neethling se Players WP Swemklub afrigting vanaf 2010 tot en met 2015, waar Paul Emslie die klub by Ryk oorgeneem het. Hy het sy junior Noordwes-kleure vir swem, tweekamp en landloop in 2009 verwerf. Ander prestasies sluit ook ‘n brons medalje by die Junior SA Swemkampioenskappe in 2014 vir die 800 meter vryslag. Hy was ook verlede jaar deel van die 4 x 200 m WP aflosspan wat ‘n brons medalje gewen het by die SA kampioenskappe in Durban.

*Die NWU-Pukke Swemklub is baie goed verteenwoordig met nuwe NW-rekords, medaljes en persoonlike beste tye. Tussen Franco, Cornell Loubser en Nadia Blaauw het hulle 6 medaljes (5 goud en 1 silwer), 6 nuwe NW-rekords en 3 Deaflympic kwalifiserende tye opgestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button