Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Caster en kie hou Noordwes kookwater by SA’s

Die tweede dag van hierdie naweek se ASA Senior Nasionale Atletiek-kampioenskappe in Potchefstroom by die Kenneth McArthur Stadion is behoorlik kookwater soos talle atlete hulle talente ten toon stel. In vandag (22 April) se bloedige hitte het groot name soos Caster Semenya (400 meter), Julia du Plessis (Hoogspring), Elroy Gelant (10 000 meter) en Pieter …

Die tweede dag van hierdie naweek se ASA Senior Nasionale Atletiek-kampioenskappe in Potchefstroom by die Kenneth McArthur Stadion is behoorlik kookwater soos talle atlete hulle talente ten toon stel.

In vandag (22 April) se bloedige hitte het groot name soos Caster Semenya (400 meter), Julia du Plessis (Hoogspring), Elroy Gelant (10 000 meter) en Pieter Conradie  (400 meter) ACNW se naam hoog gehou met goud op tuisgrond. Conradie het met ‘n tyd van (44.15) vir die IAAF Wereld-atletiekkampioenskappe gekwalifiseer.

In die mans verspring het die 2016 Olimpiese Silvermedaljewenner, Luvo Manyonga met ‘n reuse 8.65 sprong. Die skare het mal gegaan en Manyonga kon nie genoeg van die aandag kry nie.

Nog op die SA kampionskap-spyskaart vanaand in Potchefstroom is die 200 meter vir mans en vroue, sowel as die 1500 meter vir mans en vroue en die altyd opwindende aflosse.

Kyk hier vir foto’s van die dag: (Foto’s: Wouter Pienaar)

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button