SportSport

Gimmies se atletiekster stoot verby goue grense

Potchefstroom Gimnasium se atletiekfabriek het geen einde nie, veral as ‘n mens na die opwindende talent kyk wat jaar na jaar hulle talente op nasionale vlak slyp. Jana Steinmann is een van hierdie top atlete wat onlangs ‘n goue medalje by die Atletiek Suid-Afrika (ASA) Kampioenskappe in gewigstoot behaal het en is sodoende SA se …

Potchefstroom Gimnasium se atletiekfabriek het geen einde nie, veral as ‘n mens na die opwindende talent kyk wat jaar na jaar hulle talente op nasionale vlak slyp.

Jana Steinmann is een van hierdie top atlete wat onlangs ‘n goue medalje by die Atletiek Suid-Afrika (ASA) Kampioenskappe in gewigstoot behaal het en is sodoende SA se beste junior (o.20) gewigstoot atleet.

Steinmann, wat tans ‘n matriekleerder aan Gimnasium is, het ‘n verstommende 14.47 meter gestoot en haar krag en tegniek vir die hele land bewys. Verder het sy ook nog silwer in die werpskyf-item behaal om verdere glans aan haar prestasies te gee. Hierdie Gimmie is ook ‘n ongelooflike harde werker wat baie ure in haar sport insit en nou die vrugte daarvan pluk.

Haar afrigter, Pierre Blignaut, is ‘n ervare kenner op die gebied van gewigstoot en werpskyf en hierdie NWU-Pukke afrigter se uitstekende leiding het ook ‘n groot bydrae tot Steinmann se sukses gelewer.

Steinmann kwalifiseer nou om aan die Afrika Junior Kampioenskap in Mei deel te neem wat in Algerië gaan plaasvind. Verder lê die Junior Statebondspele in Augustus in Tokio voor vir die belowende jong atleet. Eerskomende naweek is dit die Senior Nasionale Atletiekkampioenskappe in Potchefstroom en hier op haar tuisveld sal sy niks beter wil hê as om met nog medaljes weg te stap nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button