Luiperds wil pers vyand in Welkom klop
Die Luiperds begin hulle tande slyp hierdie naweek teen hulle ou vyand van die Noord-Vrystaat, die Griffons wanneer die eerste rondte van die Supersport-uitdaagtoernooi op Saterdag 22 April plaasvind. Die Luiperds speel hierdie wedstryd weg op die Griffons se tuisgrond in Welkom. Daar sal geen beter manier vir die Luiperds wees om hulle seisoen te …

Die Luiperds begin hulle tande slyp hierdie naweek teen hulle ou vyand van die Noord-Vrystaat, die Griffons wanneer die eerste rondte van die Supersport-uitdaagtoernooi op Saterdag 22 April plaasvind.
Die Luiperds speel hierdie wedstryd weg op die Griffons se tuisgrond in Welkom. Daar sal geen beter manier vir die Luiperds wees om hulle seisoen te begin, as om wraak teen die span te neem wat hulle verlede jaar in die Curriebeker Eersteliga-finaal geklop het nie.
‘n Goeie begin sal noodsaaklik wees vir die Luiperds wat in die nuwe Supersport-uitdaagtoernooi in die sentrale-groep ingedeel is.
In die nuwe toernooi is daar drie groepe waarin die 14 Suid-Afrikaanse Rugbyunies verdeel is. Die Luiperds speel saam met die Cheetahs, Griffons, Sharks en Griekwas.
In die Noord-groep is die Blou Bulle, Goue Leeus, Valke, Pumas en Namibië se Welwitschias
In die Suid-groep is die Boland Kavaliers, Grens EP Kings, SWD Arende en die Westelike Provinsie.
Die top twee spanne uit elke groep speel dan in die kwarteindstryde, met die twee beste derde plek-spanne wat dan die agt kwarteindrondte plekke vul.
Die Luiperds se afrigter, Jonathan Mokuena sal weer van sy Puk-troepe in die Luiperdsspan kan gebruik, met staatmakers soos Jeandré Rudolph, Loftus Morisson en Henko Marais tot sy beskikking.
Verder is ervare spelers soos Gerhard Nortier, Juan Language, HP Swart en Stairs Mhlongo ook deel van die groep wat ‘n goeie mengsel van jeug en ervaring bring.
Span teen Griffons:
Tapiwa Mafura; Rowayne Beukman, Bradley Moolman, Henko Marais, Gene Willemse; Schalk Hugo, Chriswill September; Juan Language (kaptein), HP Swart, Gideon van der Merwe, Walt Steenkamp, Loftus Morrison, Morné Strydom, Dane van der Westhuyzen, Joe Smith. Reserwes: Louis van der Westhuizen, Maganyi, Boela Venter, Marno Redelinghuys, Wessel Kuhn, Gerhard Nortier, Lungelo Gosa.
Die Luiperds se bepalings vir die Supersport-uitdaagtoernooi is as volg:
Saterdag 22 April – Luiperds teen Griffons – Welkom.
Saterdag 6 Mei – Luiperds teen Griekwas – Potchefstroom (Olënpark)
Saterdag 13 Mei – Luiperds teen Sharks – Potchefstroom (Olënpark)
Saterdag 20 Mei – Luiperds teen Cheetahs – Bloemfontein
Sondag 28 Mei – Luiperds teen Griffons – Impala Rugbyklub (Rustenburg)
Saterdag 3 Junie – Griekwas teen Luiperds – Kimberley
Saterdag 17 Junie – Luiperds teen Vrystaat – Potchefstroom (Olënpark)
Saterdag 24 Junie – Luiperds teen Sharks – Durban.



