Luiperds wil gemeenskap se harte warm laat klop
Die Luiperds speel vanjaar nie net kookwater rugby in die Supersport-Uitdaagtoernooi nie, maar wil ook die gemeenskap se harte die komende winterseisoen van blydskap laat klop. Hulle stel vanjaar hulle One Blanket For The Leopards gemeenskapsprojek bekend, waar hulle komberse aan minderbevoorregte gemeenskappe sal skenk. Rooi is ook die toepaslike kleur wat gebruik gaan word …

Die Luiperds speel vanjaar nie net kookwater rugby in die Supersport-Uitdaagtoernooi nie, maar wil ook die gemeenskap se harte die komende winterseisoen van blydskap laat klop.
Hulle stel vanjaar hulle One Blanket For The Leopards gemeenskapsprojek bekend, waar hulle komberse aan minderbevoorregte gemeenskappe sal skenk. Rooi is ook die toepaslike kleur wat gebruik gaan word om die gemeenskap vanjaar bankvas agter die Luiperds te kry, met Luiperds Vrydag wat ‘n instelling sal word. “Ons vra die publiek om elke Vrydag rooi aan te trek om hulle ondersteuning hierdie seisoen te wys. Vrydag sal nou Luiperds Vrydae in Potch wees” sê die Luiperds se spanbestuurder, Tannah Stroebel. “Verder kan ondersteuners ook komberse na die wedstryde bring om te skenk. Toegang sal ook gratis wees vir ondersteuners. “Ons daag ook besighede uit om komberse te skenk,” brei Stroebel uit.
Vir navrae kan Karen Crafford by (018) 297 5304 of 082 807 3088 gekontak word.
Luiperds bepalings
- Vrydag 5 Mei – Luiperds t. Vrystaat XV – Olënpark (18:00)
- Saterdag 13 Mei – Luiperds t. Sharks – Kings Park, Durban – (15:00)
- Sondag 28 Mei – Luiperds t. Griekwas – Rustenburg (14:30.)
- Vrydag 2 Junie – Luiperds t. Vrystaat – Bloemfontein (15:00)
- Saterdag 10 Junie – Luiperds t. Sharks – Olënpark (15:00)
- Vrydag 16 Junie – Luiperds t. Griffons – Olënpark (18:00)







