Puk Prestigereeks eindstryde hierdie naweek in Potch
Dit is weer tyd vir die Fanie du Toit Sportgronde om 16 van die land se top skole vir ‘n sportkarnaval soos min te verwelkom wanneer die eindstryde van die Puk Prestigereeks hierdie Saterdag plaasvind. Na weke se harde wedstryde speel Gimmies (5de) en Volkies (7de) se twee eerste rugbyspanne vir die plekke teen Driehoek …

Dit is weer tyd vir die Fanie du Toit Sportgronde om 16 van die land se top skole vir ‘n sportkarnaval soos min te verwelkom wanneer die eindstryde van die Puk Prestigereeks hierdie Saterdag plaasvind.
Na weke se harde wedstryde speel Gimmies (5de) en Volkies (7de) se twee eerste rugbyspanne vir die plekke teen Driehoek en Noordheuwel. Gimmies se eerste span speel om 13:10 op die A-veld, terwyl Volkies om 12:00 met Noordheuwel kragte meet.
Op die netbalbane sal Volkies en Gimmies Vrydag 5 Mei ook goed verteenwoordig word met ‘n klomp spanne wat vir die Puk Prestigereeks-trofee sal deelneem. Gimmies se eerste, o.17A en B, o.15A en o.14A en B-span sal vir eerste en tweede plekke speel. Die kanse is goed dat hierdie spanne met die trofee sal wegstap, na uitstekende seisoene tot dusver. Volkies se eerste netbalspan sal vir die 5de en 6de plekke teen Noordheuwel kompeteer.



