Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Foto’s: Jongspan wys rugbytalent op Welpiedag

Dit was die afgelope naweek behoorlik ‘n rugbyfees toe Laerskool Bailliepark hulle Welpie Rugbydag op Potchefstroom Boys High se velde aangebied het. Tjokkers kon nie genoeg van die ovaalbal kry nie en het verskeie kere vir hulle maatjies gewys wie koning op die rugbyveld kraai. Die jong rugbywelpies het gehardloop, geduik, gelag en elke oomblik …

Dit was die afgelope naweek behoorlik ‘n rugbyfees toe Laerskool Bailliepark hulle Welpie Rugbydag op Potchefstroom Boys High se velde aangebied het.
Tjokkers kon nie genoeg van die ovaalbal kry nie en het verskeie kere vir hulle maatjies gewys wie koning op die rugbyveld kraai. Die jong rugbywelpies het gehardloop, geduik, gelag en elke oomblik geniet – of dit nou op die verdediging of die aanval was. Veertien skole het aan die Welpiedag deelgeneem. Hulle sluit in: Bailliepark, ML Fick, Mooirivier, Ventersdorp, Goudkop, Saamtrek, Noordvaal, Laerskool Orkney, Lichtenburg, La Hoff, Meiringspark, President, Driefontein en Laerskool Stilfontein.

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button