SportSport

Christo Peens 11de in SA toernooi

Die Noordwes Gholfunie was twee naweke gelede die gasheer vir die SA Mid Amateurgholfkampioenskap wat by Sun City aangebied is. Christo Peens het die beste van die Buiteklub se spelers gevaar en ‘n 11de plek uit 130 spelers behaal. Steve Jacobs was 62e, Conrad Fick 68e en Danie Jansen van Vuuren 99e. Ander gholfnuus: *Die …

Die Noordwes Gholfunie was twee naweke gelede die gasheer vir die SA Mid Amateurgholfkampioenskap wat by Sun City aangebied is. Christo Peens het die beste van die Buiteklub se spelers gevaar en ‘n 11de plek uit 130 spelers behaal. Steve Jacobs was 62e, Conrad Fick 68e en Danie Jansen van Vuuren 99e.
Ander gholfnuus:
*Die eerste Gross ligawedstryde is Sondag 7 Mei op Orkney se baan gespeel. Die Potchefstroomse Buiteklub het twee spanne in die liga. In 2016 het Potchefstroom die liga gewen en ook derde gekom. Sondag het die A-span albei sy wedstryde teen Klerksdorp B en Lichtenburg gewen en Potchefstroom B het vasgeval teen Rustenburg A, maar gewen teen Mooinooi. Die volgende rondte vind op 21 Mei by die Klerksdorp Gholfklub plaas. Maandag, 1 Mei het die klub ‘n IPS-kompetisie aangebied. Die wenners was:
1e – Wentzel Burger met 41 punte, 2de – Fanie Laubscher met 38 punte, 3de – Henri Swanepoel met 37 punte. Woensdag, 3 Mei was die formaat ‘n IPS en die uitslae was:
1e – Henri Swanepoel met 39 punte, 2de Louis Botha met 39 punte, 3de – Riaan Swart met 38 punte
Saterdag, 6 Mei het die Wimpy Potchefstroom die maandelikse Houespel (Medal) geborg. Die wenners was: A-afdeling: Fanie Laubscher: netto telling van 71, B-afdeling: Christo Meintjes: netto telling van 67 en C-afdeling: Anton van Rooyen: netto telling van 68.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button