SportSport

Rudolph lei Luiperds in Bloem

Die Luiperds sal hulle sokkies behoorlik moet optrek na hulle 54-17 loesing teen die Griekwas verlede Sondag in Rustenburg. Hierdie Vrydag, 2 Junie takel hulle die Vrystaat XV en die manne van Bloemfontein se blitse soos Luther Obi en Ali Mgijima mag dalk die Luiperds se verdediging weer nes die Griekwas toets. Vir die wedstryd …

Die Luiperds sal hulle sokkies behoorlik moet optrek na hulle 54-17 loesing teen die Griekwas verlede Sondag in Rustenburg.

Hierdie Vrydag, 2 Junie takel hulle die Vrystaat XV en die manne van Bloemfontein se blitse soos Luther Obi en Ali Mgijima mag dalk die Luiperds se verdediging weer nes die Griekwas toets.

Vir die wedstryd teen die Vrystaat het die Luiperds ‘n paar groot veranderinge gemaak wat dalk net die span weer op die wentrein sal sit. Die ervare Nortier is die nommer 10 trui gegee en hy sal kans kry om te wys wat in hom steek. Jeandré Rudolph vat ook die kapteinskap by Juan Launguage oor vir die eerste keer in vanjaar se Supersport Uitdaagtoernooi. Rudolph lei gewoonlik met sy klipharde spel op die veld en mag dalk net daardie x-faktor bied.

Verder is Elden Schoeman ook terug in die begin 15-tal op buitesenter en sy vaart sal die Luiperds handig te pas kom. In die voorry kry Morné Strydom ook sy kans in die plek van Joe Smith.

Streng gesproke het die Luiperds se verdediging teen die Griekwas die toets gedop en hulle sal hoop om hierdie tweede eksamen teen Vrystaat beter aan te pak.

Volgens die Luiperds afrigter, Jonathan Mokuena was sy span net nie goed genoeg op die dag nie en het psigies nie die maatstaf gehaal nie.

“Die manne was glad nie op hulle beste nie. Die belangrikste vir my was dat hulle nie na die tyd in ‘n hoekie moet sit en hulself jammer kry nie. Ons is steeds in die kompetisie en ons sal net nou harder moet werk.”

Mokuena het ook genoem dat die verdediging ekstra aandag sal geniet na die power vertoning teen die Griekwas.

“Om 26 lakke te mis is ‘n groot bekommernis vir ons en iets wat ons definitief sal moet regstel. Die manne gaan moet duik in die oefeninge.”

Die wedstryd teen Vrystaat XV in Bloemfontein vind om 15:00 plaas.

Luiperds teen Vrystaat XV: 15. Tapiwe Mafura, 14. Rowayne Beukman, 13. Elden Schoeman, 12. Henko Marais, 11. Bradley Moolman, 10. Gerhard Nortier, 9. Chriswill September, 8. Jeandré Rudolph, 7. Marno Redelinghuys, 6. Gideon van der Merwe, 5. Walt Steenkamp, 4. HP Swart, 3. Schalk Jooste, 2. Dane van der Westhuyzen, 1. Morné Strydom. Plaasvervangers. 16. Cameron van Heerden, 17 Dewald Dekker, 18. Boela Venter, 19. Juan Language, 20. Schalk Hugo, 21. Gene Willemse, 22. Jimmy Mpailane.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button