SportSport

Groot rolbal hierdie Sondag by Buiteklub en Potchefstroom Rolbalklub

Meer as een honderd rolbalspelers in die provinsie het ingeskryf vir die Noordwes Rolbal enkelspelkampioensappe wat hierdie naweek begin. Die 43 vroue sal sake Saterdag in die eerste ronde uitspook by die Klerkdorp rolbalklub en by Strathvaal. Sondag is die mans aksie verdeel tussen Klerksdorp se klub, die Potchefstroom Buiteklub (PCC) en die Potchefstroom Rolbalklub. …

Meer as een honderd rolbalspelers in die provinsie het ingeskryf vir die Noordwes Rolbal enkelspelkampioensappe wat hierdie naweek begin. Die 43 vroue sal sake Saterdag in die eerste ronde uitspook by die Klerkdorp rolbalklub en by Strathvaal. Sondag is die mans aksie verdeel tussen Klerksdorp se klub, die Potchefstroom Buiteklub (PCC) en die Potchefstroom Rolbalklub.

Die 2016 kampioene, Helen Jansen van Strathvaal en Pierre Breitenbach van Potchefstroon rolbalklub sal hulle titels verdedig.

Van die 43 vroue kom agt uit die stad: 1 van Weermag, vie van Potchefstroom Rolbalklub eb 3 van die Buiteklub. Van die 68 mans is 13 uit die stad: 10 van die Buiteklub en 3 van Potchefstroom Rolbalklub.

Die finale wedstryde vind volgende naweek plaas met die mans en vroue eindstryd wat by dieselfde klub, wat nog bepaal moet word, sal plaasvind.

*Die Potchefstroom Buiteklub se Rolbalafdeling (PCC) bied op Vrydag 16 Junie, openbare vakansiedag, ‘n pretdag by die klub aan. Spanne van vier lede kan inskryf teen R120.00. Beginners is baie welkom. Na afloop van die spel sal daar braaipakkies te koop wees. Pap en sous sal voorsien word. Vir navrae en inskrywings skakel vir Jan Koekemoer by  082 412 1372.

*Ian en Hannetjie Nieuwoudt id PCC se Gemenge pare klubkampioenspan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button