SportSport

Noordwes-skole se netbalroom pak mekaar by Volkskool op Jeugdag

Die Noordweskampioenskappe vir Hoërskole vind hierdie naweek by Hoër Volkskool Potchefstroom plaas. Die verskeie ouderdomsgroepe sal o.14, o.16, o.17 en o.19 spanne insluit. Hierdie behoort ‘n baie taai toernooi te wees met spanne wat meer as een wedstryd teen verskeie sterk opponente sal speel. Volkies, die gasheerskool se o.19A span gaan byvoorbeeld teen Hoërskool Rustenburg, …

Die Noordweskampioenskappe vir Hoërskole vind hierdie naweek by Hoër Volkskool Potchefstroom plaas. Die verskeie ouderdomsgroepe sal o.14, o.16, o.17 en o.19 spanne insluit. Hierdie behoort ‘n baie taai toernooi te wees met spanne wat meer as een wedstryd teen verskeie sterk opponente sal speel. Volkies, die gasheerskool se o.19A span gaan byvoorbeeld teen Hoërskool Rustenburg, Wesvalia, Vryburg en KHS te staan kom. In poel A sal Volkies, RHS, Vryburg, KHS en Wesvalia vir eerste plek baklei. In poel B sal Gimmies, Brits, Wagpos, Lichtenburg teen mekaar meeding. Die wenner van poel A sal teen die wenner van poel B te staan kom in verskeie eindstryde wat groot opwinding te bring. Opgesom sal die provinsie se beste opkomende netbalspelers hier te siene wees.

Die aanhoudende netbalaksie sal tot ongeveer 16:00 duur.

Hier is die volledige program:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button