SportSport

Suidwester Moolman vlieg voor

Die opeduiwe het die afgelope naweek vir groot opwinding gesorg in Potchefstroom in die wedvlug vanaf Belmont oor ‘n afstand van 403km. Suidwester Willem Moolman van Mooirivier Resiesduifklub (MRK) het nie net sy klub se opevlug gewen nie, maar ook skoonskip gemaak in die Westelike Posduifunie. Stefan Siebert was ‘n skrale twee sekondes na hom, …

Die opeduiwe het die afgelope naweek vir groot opwinding gesorg in Potchefstroom in die wedvlug vanaf Belmont oor ‘n afstand van 403km.
Suidwester Willem Moolman van Mooirivier Resiesduifklub (MRK) het nie net sy klub se opevlug gewen nie, maar ook skoonskip gemaak in die Westelike Posduifunie. Stefan Siebert was ‘n skrale twee sekondes na hom, terwyl Salty en Lettie hokke wat Potchefstroom Posduifklub (P.P.K.) se opevlug gewen het, ook net twee sekondes na Moolman was. Hierdie duifie van Salty het al twee vorige wenne in 2016 gevlieg. In MRK het die eerste agt duiwe binne ‘n minuut klaargemaak! Johan Schlebusch eindig hier derde, vierde,vyfde en sesde. By PPK eindig oud-skoolhoof Faan de Beer tweede en verlede jaar se klub- en uniekampioen, Kiewiet Marais, van Kiewiet en Christo hokke derde.
In die jongduifie wedvlug bekend as jaarouds, wen verkeersman Nic Stassen sy eerste wedvlug van die seisoen! Sy duif vlieg ‘n skoon breek en wen met 2min 32 sek. Marnes Nel eindig tweede en Kiewiet Marais derde.
By MRK is polisieman Johan Schlebusch weer besig om amok te maak en is hy reeds in week drie gemaklik voor. Dié klub se punte: Jaarouds: Schlebusch 381, Arrie Marais 254, J&J van Wyk 206. Ope afdeling: Schlebusch 305, Fanie en familie 158, Moolman 145. Klubkampioen: Schlebusch 686, Marais 398 en van Wyk 328.
By PPK is Sarel Naude se B-span besig om sy A-span gas te gee met 366 punte teenoor 361. Marnes Nel blaas egter in hulle nekke met 354. Kiewiet Marais is net met 24 punte agter die voorlopers in die vierde plek met 342. Lekker opwindende kompetisie is hier aan die gang! In die opes is Naude se A-span voor met 545. Marais is vasbeslote om die gaping toe te maak, en het 18 punte op Naude opgemaak die afgelope naweek. Hy is tweede met 406 en Naude se B-span derde met 352. In die klubkampioen-kompetisie sit Naude A nog stewig in die vlerk (nee saal) met 906. Tweede is Marais met 748 en Naude B 718 is derde.
Week vier gaan gevlieg word vanaf Douglas op die walle van die Oranjerivier, op pad Prieska toe. Dit is op die R357 roete wat baie waterryk is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button