Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Pukke is netbal USSA-kampioene na lang titeldroogte

NWU-Pukke se netbalspan het ‘n onoorwonne USSA-toernooi beleef en wanneer dit die meeste saak gemaak in die finaal het hulle beste netbal gelewer om as wenners op hulle tuisbaan vandag teen Kovsies gekroon te word. Die eindtelling wat 43-35 in Pukke se guns geëindig het, was danksy ‘n briljante eerste tien minute waar Pukke ‘n …

NWU-Pukke se netbalspan het ‘n onoorwonne USSA-toernooi beleef en wanneer dit die meeste saak gemaak in die finaal het hulle beste netbal gelewer om as wenners op hulle tuisbaan vandag teen Kovsies gekroon te word.

Die eindtelling wat 43-35 in Pukke se guns geëindig het, was danksy ‘n briljante eerste tien minute waar Pukke ‘n 9-0 voorsprong gehandhaaf het. Die atmosfeer by die NWU Pukke netbalbaan was iets ongelooflik en die tuisspan het beslis dit tot hulle voordeel benut.

Foto’s: Wouter Pienaar

Dit was genoeg om hulle stempel behoorlik af te druk en dinge bitter moeilik vir Kovsies te maak om weer vanmiddag in die wedstryd te kom.

Pukke het ook hulle kanse beter gebruik met Anja Esterhuizen en Jessica du Plessis wat die doele keer op keer gesink het. Op die ander kant van die baan het Kovsies Rieze Straueli en Alicia Puren gesukkel by die net.

Met die laaste sirene van dié week lang USSA-toernooi kan Pukke nou feesvier met ‘n welverdiende titel in hulle hande.

*Lees die volledige wedstrydverslag, reaksie en eksklusiewe foto’s in komende week se Potchefstroom Herald (13 Julie)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button