Coke toernooi gaan weer kook hierdie naweek by Volkies
Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer Hoër Volkskool Potchefstroom by die Coke Netbaltoernooi van die land se beste skolenetbalspelers gaan huisves. Ongeveer 150 netbalspanne van 7 provinsies gaan aan hierdie toernooi deelneem wat hierdie naweek vanaf 28-29 Julie op Volkies se netbalbane gaan plaasvind. Hier is waar uitnemendheid plaasvind met die jongste …
Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer Hoër Volkskool Potchefstroom by die Coke Netbaltoernooi van die land se beste skolenetbalspelers gaan huisves.
Ongeveer 150 netbalspanne van 7 provinsies gaan aan hierdie toernooi deelneem wat hierdie naweek vanaf 28-29 Julie op Volkies se netbalbane gaan plaasvind. Hier is waar uitnemendheid plaasvind met die jongste netbalsterre en top skeidsregters wat vir twee dae se puik en regverdige netbalaksie sal sorg.
Die aksie begin Vrydag 14:00-20:00. Saterdag is ‘n langer dag op die netbalbane met die eerste balle wat al 08:00 gegooi word. Die aksie eindig 18:00.
Maak seker jy maak ‘n draai by hierdie netbalskouspel dié naweek.




