Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Gimmies se harte breek in Virsekerbekereindstryde

Die Mooivallei Sportgronde was die plek om die afgelope Saterdag te wees, waar rugbyliefhebbers klassieke tweestryde in die Virsekerbekereindstryde vir Noordwes Grootskole aanskou het. Vir die plaaslike Potchefstromers was dit wel ‘n bittersoetdag met al drie verteenwoordigende spanne van Gimmies en die o.16A Volkiesspan wat nederlae beleef het. In die o.14A wedstryd tussen Lichtenburg en …

Die Mooivallei Sportgronde was die plek om die afgelope Saterdag te wees, waar rugbyliefhebbers klassieke tweestryde in die Virsekerbekereindstryde vir Noordwes Grootskole aanskou het.
Vir die plaaslike Potchefstromers was dit wel ‘n bittersoetdag met al drie verteenwoordigende spanne van Gimmies en die o.16A Volkiesspan wat nederlae beleef het.
In die o.14A wedstryd tussen Lichtenburg en Gimnasium het die besoekers met 19-17 geseëvier. Dit was ‘n klipharde wedstryd waar Gimmies se besluitneming op die dag hulle die wen gekos het. Gimmies het na ‘n paar puik drieë met 17-12 voorgeloop, maar moes toekyk hoe Lichtenburg die wedstryd onder hul neuse met ‘n drie net voor die einde van die wedstryd weggeraap het. Gimmies se o.15A-span het ondanks ‘n 12-0 rustydvoorsprong met 24-12 teen Hoërskool Klerksdorp verloor, terwyl Volkies se o.16’s met 19-13 teen KHS aan die kortste ent van die tou moes trek.
In die hoofwedstryd was dit ‘n titaniese stryd tussen Gimmies en Lichtenburg, met Liggies wat net-net die Jacob Wilkens-trofee met ‘n 25-22 oorwinning behou.
*Kyk na die foto’s en lees meer oor komende naweek se wedstryde in die Virsekerbekerreeks in Donderdag se Herald.

o.14 en o.15 eindstryde:

0.16 – Vokies teen KHS

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button