Luiperds se o.19’s goed op dreef
‘n Driekuns van die Luiperds se o.19-sterskrumskakel Cameron Dorfling was die hoogtepunt in die welpies se weghol 40-7 oorwinning teen OP oor die die afgelope naweek in Port Elizabeth. Ander Luiperds-spelers wat uitgeblink het was losskakel Janlu Steenkamp wat met ‘n drie en vyf sdoelskoppe 15 punte in dié wedstryd aangeteken het. Duhan Gunter en …

‘n Driekuns van die Luiperds se o.19-sterskrumskakel Cameron Dorfling was die hoogtepunt in die welpies se weghol 40-7 oorwinning teen OP oor die die afgelope naweek in Port Elizabeth.
Ander Luiperds-spelers wat uitgeblink het was losskakel Janlu Steenkamp wat met ‘n drie en vyf sdoelskoppe 15 punte in dié wedstryd aangeteken het.
Duhan Gunter en Azi Afrika het ook vir die Luiperds agter die pale gaan kuier.
Die Luiperds is onoorwonne vir die afgelope twee wedstryde.
Die Luiperds se o.19 span het op Saterdag 19 Julie op Olënpark in ‘n krag teen krag vertoning 17-17 gelykop gespeel teen die Haaie se o.19-span. Geen span het teruggestaan in hierdie aanskoulike wedstryd nie. Skrumskakel Cameron Dorfling en Ishaad Snyman het vir die Luiperds gedruk.
Hier is foto’s van die Luiperds en Haaie se wedstryd: (Foto’s – Marianke Saayman)












