Potchefstroom swemklub kookwater in bibberweer
Swemmers van die Potchefstroom Swemklub het vanaf 3 tot 8 Julie die koue aangedurf tydens die Sasol Winterkampioenskappe in Sasolburg. ‘n Totaal van 31 swemklubs het deelgeneem. Die byeenkoms is die eerste gala van die nuwe swemseisoen en die volgende swemmers het reeds puik prestasies gelewer wat beloof om vir groot opwinding later in die …

Swemmers van die Potchefstroom Swemklub het vanaf 3 tot 8 Julie die koue aangedurf tydens die Sasol Winterkampioenskappe in Sasolburg.
‘n Totaal van 31 swemklubs het deelgeneem. Die byeenkoms is die eerste gala van die nuwe swemseisoen en die volgende swemmers het reeds puik prestasies gelewer wat beloof om vir groot opwinding later in die swemseisoen te sorg: James Swart, Carel Schutte, Luané Scheepers, Hanré Moolman, John-Thomas Botha, Wian Bartleman, Janco Bartleman en Ewald Bartleman.
Idelé du Toit (3 bronsmedaljes), Pieter-Jacq du Toit (1 bronsmedalje), Theo Ferreira (3 bronsmedaljes), Bianca Opperman (2 goue-, 1 silwer- en 3 bronsmedaljes) en William Stephen Slaughter (3 silwer- en 3 bronsmedaljes) is van die Potchefstroom Swemklub se spogswemmers wat vir ‘n groot medalje-oes gesorg het.



