Gimmies moet tweede kans teen Tzaneen se manne vat
Dit is min dat ‘n nederlaag in ‘n rugbyeindstryd ‘n silwer randjie het, maar vir Potchefstroom Gimnasium se eerste rugbyspan mag ‘n tweede plek inderwaarheid na ‘n plek later in vanjaar se Virsekerbekereindstryd lei. Dit mag vreemd klink, maar nadat Gimmies verlede naweek in die Noordwesfinaal vir Grootskole met 22-25 teen Hoërskool Lichtenburg verloor het, …

Dit is min dat ‘n nederlaag in ‘n rugbyeindstryd ‘n silwer randjie het, maar vir Potchefstroom Gimnasium se eerste rugbyspan mag ‘n tweede plek inderwaarheid na ‘n plek later in vanjaar se Virsekerbekereindstryd lei.
Dit mag vreemd klink, maar nadat Gimmies verlede naweek in die Noordwesfinaal vir Grootskole met 22-25 teen Hoërskool Lichtenburg verloor het, en dus nie die Jacob Wilkens-trofee kon lig nie, speel hulle komende Saterdag in die gemakliker kwalifiseerder teen Hoërskool Ben Vorster tuis.
Foto’s: Wouter Pienaar
Lichtenburg moet oor twee naweke teen Hoërskool Helpmekaar speel by Helpmekaar, wat nie ‘n maklike wedstryd sal wees nie. Indien Gimmies vir Ben Vorster klop, speel hulle die volgende week (Saterdag 12 Augustus) teen die Pumas wenner, in ‘n weg kwarteindstryd. Die o.14A’s sal teen Ligbron van Ermelo speel, die o.15A’s teen Rob Ferreira van Witrivier en die eerstespan teen Hoërskool Secunda.
Die wenner hier sal dan tussen die wenner van die Leeus streek of Valke/Blou Bulle in die halfeindstryd speel.
Gimmies sal wel eers komende Saterdag al hulle fokus as gasheer op die Limpopo skole van Tzaneen moet plaas wanneer Ben Vorster en Merensky by Mooivallei Sportgronde kom gesig wys.
Die program is as volg:
A-veld
08:00: o.14A-Gimmies vs Ben Vorster
09:00: o.15A-Gimmies vs Merensky
10:00: 1stes-Gimmies vs Ben Vorster.
Lees meer hier oor verlede week se o.14 en o.15 wedstryde hier: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/36428/gimmies-se-harte-breek-virsekerbekereindstryde/























