Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Gimmies se jong spanne sneuwel teen Vossies en Merensky

Gimmies se o.14A- en o.15A-rugbyspanne se doppie is vanjaar in die Virsekerbeker geklink toe hulle die afgelope Saterdag albei teen skole van Tzaneen op die Mooivallei Sportterrein verloor het. Gimmies se o.14 A’s het teen Ben Vorster uitgedraf, terwyl die o.15A’s teen Merensky gespeel het. Die o.14’s, wat halftyd danksy Hendrik Nel en Christopher Albertus …

Gimmies se o.14A- en o.15A-rugbyspanne se doppie is vanjaar in die Virsekerbeker geklink toe hulle die afgelope Saterdag albei teen skole van Tzaneen op die Mooivallei Sportterrein verloor het.
Gimmies se o.14 A’s het teen Ben Vorster uitgedraf, terwyl die o.15A’s teen Merensky gespeel het. Die o.14’s, wat halftyd danksy Hendrik Nel en Christopher Albertus se drieë met 12-10 voorgeloop het, kon nie die pas vir die hele wedstryd handhaaf nie en het uiteindelik met 17-24 verloor.
Merensky het in ’n aanvallende wedstryd waar hardlooprugby aan die orde van die dag was, vir Gimmies met 31-21 geklop. Vir Gimmies het hul oopkantflank, Janu Brand, ’n briljante solodrie gaan druk net nadat Merensky se Kabelo Meibotja met sy individuele briljantheid langs die kantlyn, wonderwerke verrig het om ’n drie te gaan druk. Emosies was hoog in dié skouspelagtige wedstryd en skeidsregter, Hanru van Rooyen, het die wedstryd goed beheer met konsekwente beslissings.


Gimmies kon hierdie wedstryd gewen het, veral toe Almero Niemann oorgeduik het om Gimmies met 21-19 ’n twee punt voorsprong te gee. Dit net nadat Zandré Redelinghuys ook vir Gimmies gaan druk het om Merensky se voorsprong te vernou. Dinge het wel in die laaste 10 minute skeefgeloop vir Gimmies toe Merensky se skrumskakel, WB Grobler en agtsteman Danie Potgieter, oor is.

Hier is foto’s van dié twee wedstryde:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button