SportSport

Plaaslike lewensredder op pad Statebondspele toe

Die 15-jarige Bianca Opperman is na groot dinge op pad in die interessante sport van lewensredding. Hierdie kranige swemmer wat tans ‘n leerder van Potchefstroom Girl’s High is en lid is van die Potchefstroom Swemklub en Harties Reflections Klub, is vir die SA Statebondspelespan vir lewensredding gekies. Die Statebondspele word vanaf 10-12 Augustus in Durban …

Die 15-jarige Bianca Opperman is na groot dinge op pad in die interessante sport van lewensredding. Hierdie kranige swemmer wat tans ‘n leerder van Potchefstroom Girl’s High is en lid is van die Potchefstroom Swemklub en Harties Reflections Klub, is vir die SA Statebondspelespan vir lewensredding gekies. Die Statebondspele word vanaf 10-12 Augustus in Durban gehou.

Wat nogal merkwaardig is, is dat Bianca in slegs ‘n paar maande se tyd reeds groot vordering en potensiaal in hierdie sport getoon het, nadat sy al vir ‘n klompie jare in die swembaddens uitgeblink het.

Die plaaslike sportwinkel, Event 81 het met betrekking tot haar insluiting tot die Statebondspele noodsaaklikhede vir dié swemmer geborg, en nou kan sy met haar Finis produkte behoorlik naam maak.

“Dit mag dalk groot klink, maar my mikpunt is om ‘n medalje te kry. Dit is waarna ek streef,” vertel dié vasberade lewensredder.

Potchefstroom Swemklub se Bianca Opperman glimlag breed met haar nuwe swemtoerusting wat Event 81 vir haar geborg het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button