NWU-Junior Swemklub maak stoom by Winterspele
Jong swemmers van die NWU-Junior Swemklub het weer eens die toon in die Noordwes Provinsie aangegee tydens die jaarlikse SASOL Winter Swemkampioenskappe wat vanaf 3 – 8 Julie by Sasolburg se bekende verhitte 50m Penny Heyns-swembad gehou is. Uit die 12 deelnemende swemmers het nege deurgedring na finale rondtes met uitblinkers soos Xandri Palmer (2 …

Jong swemmers van die NWU-Junior Swemklub het weer eens die toon in die Noordwes Provinsie aangegee tydens die jaarlikse SASOL Winter Swemkampioenskappe wat vanaf 3 – 8 Julie by Sasolburg se bekende verhitte 50m Penny Heyns-swembad gehou is.
Uit die 12 deelnemende swemmers het nege deurgedring na finale rondtes met uitblinkers soos Xandri Palmer (2 x goud, 2 x silwer, 3 x brons), Alysa Norman (1 x brons) en Sume du Preez (1 x brons).

Swemmers van die klub is voluit aan die oefen by die verhitte swembad van Potchefstroom Girls High, na ‘n suksesvolle oefenkamp die afgelope vakansie, in samewerking met Rocco Meiring, hoof van Swemafrigting by Tuks. Belangstellendes kan die afrigter, Willie Scheepers by 079 3396 928 kontak.



