SchoolsSportSport

Steil bult lê vir Gimmies se eerstes teen Transvalia voor

Potchefstroom Gimnasium se eerste rugbyspan se vlam skyn nog helder nadat hulle ’n tweede helfte terugvegpoging soos min teen Hoërskool Secunda op laasgenoemde se tuisveld verlede naweek met 29-25 bewerkstellig het. Gimmies was met 22-5 agter teen halftyd en het in die tweede 35 minute daardie spreekwoordelike Gimmie Guts gewys net toe hulle dit die …

Potchefstroom Gimnasium se eerste rugbyspan se vlam skyn nog helder nadat hulle ’n tweede helfte terugvegpoging soos min teen Hoërskool Secunda op laasgenoemde se tuisveld verlede naweek met 29-25 bewerkstellig het.

Gimmies was met 22-5 agter teen halftyd en het in die tweede 35 minute daardie spreekwoordelike Gimmie Guts gewys net toe hulle dit die nodigste gehad het. Bertus Pool se manne het in die tweede helfte ingeklim en danksy Johan Minnaar se driekuns, sowel as Waldouw Smit en Dirkie Louw se drieë. Minnaar het ook ‘n doelskop tussen die pale deurgesit terwyl Vernon Charslund ook met ‘n suksesvolle skop vir Gimmies die wen deurgetrek het.

Na dié wen het Gimmies definitief momentum en sodoende bewerkstellig Gimmies vir hulself ’n Virsekerbeker halfeindstryd teen die rugbyreuse van die Vaaldriekhoek, Hoërskool Transvalia, komende naweek in Vanderbijlpark.

Gewis sal hierdie nie ’n maklike taak wees nie, veral aangesien Transvalia in hulle twee afgelope Virsekerbekerwedstryde teen Hoërskool Tuine (82-0) en Hoërskool Dinamika (64-0) oortuigend gewen het sonder om ‘n enkele punt af te staan.

As Gimmies die onmoontlike kan regkry en Transvalia kan klop, sal dit een vir die geskiedenisboeke wees. Gimmies sal soos Dawid hul taktiese slingervelle in orde moet kry om die rugbyreus te klop. Dit is vir seker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button