SportSport

Puk afrigter verlaat haar tuiste vir die afgelope ses jaar

NWU-Pukke netbalafrigter, Dorette Badenhorst, se uurglas is besig om stelselmatig uit te loop met die aankondiging vroeër die maand dat sy in Desember haar pos verlaat. Na ses jaar se harde werk en passie het Badenhorst ongekende sukses by dié universiteit behaal wat onder meer twee Varsity Netbaltitels insluit. As ‘n mens net na die …

NWU-Pukke netbalafrigter, Dorette Badenhorst, se uurglas is besig om stelselmatig uit te loop met die aankondiging vroeër die maand dat sy in Desember haar pos verlaat.

Na ses jaar se harde werk en passie het Badenhorst ongekende sukses by dié universiteit behaal wat onder meer twee Varsity Netbaltitels insluit.

As ‘n mens net na die reaksie rondom Badenhorst se weggaan op sosiale media kyk, kan dit sonder twyfel gesê word dat “Dot” soos sy bekend is, ‘n massiewe nalatenskap vir Pukke Netbal gaan agterlaat.

Daar is ‘n leemte met haar vertrek na groener weivelde wat, volgens haar, meer geleentheid en vryheid bied om in netbalmentorskap, sowel as afrigting, ‘n impak te maak.

“Elke jaar moes ek ‘n kontrak teken vir die komende jaar en in Junie het Pukke my gevra dat ek weer moet teken, maar ek het aangedring op ‘n ander kontrak as wat hulle aangebied het, omdat ek te min ruskans gekry het,” verduidelik Badenhorst die rede vir haar skuif.

Badenhorst sê sy het dit duidelik aan die direkteur van Puk Sport, James Stoffberg, en Pukke se vrouesportbestuurder, Helene Botha, genoem dat sy ‘n ander kontrak wil hê.

“As afrigter word daar vir jou in die kontrak gesê hoeveel ure jy werk, maar daar is baie meer tyd wat na ure ook aan netbal spandeer word. Op hierdie stadium het ek meer vrye tyd nodig, aangesien ek ‘n familiemens is. Ek sien my familie net te min.”

Daardie selfde week het Badenhorst ‘n aanbod van Hardy Botha van Egalite Promotions gekry om ‘n netbalkursus aan te bied en op netbalontwikkeling by Sun City te fokus.

Dorette Badenhorst met die Varsity Netbaltrofee
Dorette Badenhorst met die Varsity Netbaltrofee in 2015.

“Ek het nie eers twee keer gedink om vir hierdie nuwe uitdaging ja te sê nie. Die lekker ding is dat ek steeds aan my SA afrigtingsverpligtinge kan werk en steeds op afrigting kan fokus”, vertel Badenhorst. Sy glo dat afrigting juis daaroor gaan om spelers van die grond af op te verbeter.

Sy reken dat haar trotste oomblikke by die Pukke was om spelers van die grond af te vat en in die land se beste netbalspelers te verander.

“Die suksesse wat ek bereik het om ‘n gewone speler wat nie altyd in die skool raakgesien is nie, soos Renske Stoltz, Romé Dreyer en Sigi Burger in SA-spelers te verander. Afrigting is wanneer jy ‘n kind se vaardighede ontwikkel om ‘n hoër vlak te kan bereik.”

“Sigi Burger het hier aangekom en was virseker nie ‘n SA-speler nie. Ek het die potensiaal in haar raakgesien en na harde werk het sy ook bo uitgekom. Hulle word nie net oornag SA spelers nie. Ek stap van harde werk af weg en dit is sleg om na baie inspanning die Puk te los. Pukke het baie deure vir my ook oopgemaak, maar nou wil ek verder terugploeg in Suid-Afrikaanse netbal,” vertel sy.

Tog het Badenhorst nog ‘n laaste toernooi saam met haar lojale Pukspan oor wanneer hulle as Varsity Netbal

kampioene die 2017-toernooi vanaf 28 Augustus aanpak.

“Natuurlik wil ‘n mens die toernooi wen, maar vir my gaan dit oor die spelers, sodat hulle ‘n goeie toernooi kan hê en op die ou end raakgesien word. Ek glo dat Varsity Sport geleenthede gee omdat dit op televisie uitgesaai word. Die blootstelling is ongelooflik vir jong spelers om naam te maak.

Badenhorst glo ook dat daar in die professionele era van netbal in die land daar juis ook na spelers se menslike behoeftes omgesien moet word en nie net na prestasie en finansiële voordele nie.

Dorette Badenhorst gaan in Desember haar tuiste by NWU-Pukke verlaat, maar voor dan lê nog 'n Varsity Netbaltoernooi voor. Foto: Wouter Pienaa
Dorette Badenhorst gaan in Desember haar tuiste by NWU-Pukke verlaat, maar voor dan lê nog ‘n Varsity Netbaltoernooi voor. Foto: Wouter Pienaa

“Ek glo as afrigter moet jy leiding gee en verduidelik hoekom dit belangrik is om te volhard en klaar te maak waarmee jy besig is. Ek glo dit is ‘n goeie beginsel en iets wat my pa, wat my rolmodel is, my geleer het.” “Ek wil in die toekoms weer by ‘n universiteit betrokke raak en ook mentorskappe vir skole-afrigters aanbied. As ek ‘n klub kry om af te rig sal ek daar betrokke raak.”

Volgens Badenhorst is die netbalspelers ook haar alles en gaan dit vir haar moeilik wees om afskeid te neem van so ‘n gehegte Pukke-netbalgroep.

“Dit is net so lekker groep plat op die aarde meisies wat hard wil werk waar hulle kom en daardie spangees is net iets uniek aan die Pukke.”

SA Afrigter teleurstelling

Dorette Badenhorst was op die kortlys vir die nuwe SA afrigterspos, maar is nie gekies nie. Voormalige SA speler, Elsje Jordaan, het die pos gekry. Badenhorst glo dat sy aan al die kriteria voldoen het met haar indrukwekkende CV: “Ek is die meeste teleurgesteld oor die feit dat ek nie gekies is nie, al het ek die meeste ervaring en afrigtingskursusse voltooi en op verskillende vlakke afgerig. Ek is ‘n doener en nie ‘n prater nie. Ek glo dat ek genoeg ervaring het om die SA-pos te kon kry. Netbal Suid-Afrika het ook al baie geld in my belê en ek voel die ouens wat die harde werk doen kry nie erkenning nie.”

Wat sê ander oor Dot?

Nadia Uys – voormalige NWU Pukke netbalkaptein en SA netbalspeler

“Baie hartseer vir PUK netbal. Jou passie vir die “game” en jou spelers is merkwaardig. Baie groot skoene wat jou opvolger moet vul. Jy was net goed vir die PUK, verseker ‘n baie groot verlies vir hulle. Dankie dat jy altyd net die beste vir jou spelers wou hê.”

Sport

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button