Luiperds druk 11 keer teen Welwitschias om boaan Curriebeker punteleer te staan
Die Luiperds het vanmiddag (Vrydag, 15 September) soos ‘n stoomtrein oor die Welwitschias van Namibië beweeg met ‘n oortuigende 78-34 oorwinning in hulle Curriebeker Eerste Divisie-stryd. Beide voor en agterspelers het met flair die bal wyd en syd rondgegooi en goed ondersteun by die kontakpunte wat dinge moeilik vir hulle teenstanders gemaak het. Jeandré Rudolph …
Die Luiperds het vanmiddag (Vrydag, 15 September) soos ‘n stoomtrein oor die Welwitschias van Namibië beweeg met ‘n oortuigende 78-34 oorwinning in hulle Curriebeker Eerste Divisie-stryd.
Beide voor en agterspelers het met flair die bal wyd en syd rondgegooi en goed ondersteun by die kontakpunte wat dinge moeilik vir hulle teenstanders gemaak het.
Jeandré Rudolph en Bradley Moolman het albei twee drieë gedruk, terwyl Lungelo Gosa met sy vaart en vinnige voete in die nommer 15-trui beindruk het.
Die Welwitschias was wel eerste op die telbord danksy ‘n puik lopie van agtsteman Christo van der Merwe waar hy sy drie mooi in die hoekie afgerond het.
Met die telling 7-0 in die Welwitschias se guns het hulle met sterk verdediging, teenaanvalle van die Luiperds in die eerste 10 minute gekeer.
Al die Luiperds se druk het toe na die eerste punte gelei met ‘n Schalk Hugo strafskop om die telling 7-3 te maak.
In die 19de minuut het die Luiperds hulle beste spel van die wedstryd vorendag gekom wat in hulle eie kwartgebied begin het. Regtervleuel, Jimmy Mpailane het omtrent 40 meter gehardloop voordat hy grond toe gebring is. Die bal het daarna ononderbroke deur vyf Luiperds se hande gegaan met Dewald Dekker wat die laaste aangee gemaklik oor die doellyn is om die Luiperds met 10-7 voor te loop.
Die Luiperds het toe hele greep verstewig toe Hugo, kaptein, Jeandré Rudolph en Bradley Moolman voor die blaas van die halfeindfluijie gaan drieë druk het. Die Luiperds 31-12 voorsprong was beloning vir hulle balbesit in die eerste helfte.
Die Welwitschias se stoom het behoorlik in die tweede helfte uitgeloop en die Luiperds ‘n verdere 3 drieë in die eerste tien minute na rustyd gaan druk met Rudolph, Moolman en Lungelo Gosa wat individieel uitblink.
Gosa was soos witblits op die veld en het gate in die Namibiërs gehardloop wat die skare absoluut gaande gehad het. Kort voor lank het linkervleuel Gene Willemse die vyftigtal bewerstellig en die Luiperds was na 55 minute gemaklik met 57-12 voor.
Die Welwitschias het wel nie opgegee nie en het drie verdere drieë gaan druk met Lesley Klim wat veral vir die besoekers met sy krag op die aanval van groot waarde was.
Die Luiperds se Mpailane het ook ‘n welverdiende drie gaan druk om die Luiperds se vertoning af te rond. Die plaasvervanger vleuel Dean Gordon het die laaste sê gehad toe hy oor is vir die Luiperds se elfde en finale drie van die dag.
Punte:
Luiperds: 71 (24)
Driee: Panda Dekker, Schalk Hugo, Jeandré Rudolph (2), Bradley Moolman (2), Lungelo Goza, Gene Willemse, Marius Stander, Jimmy Mpailane, Dean Gordon
Doelskoppe: Schalk Hugo (10)
Strafskoppe: Schalk Hugo
Namibië: 34 (12)
Driee: Christo van der Merwe, Macho Prinsloo, Lesley Klim (2)
Doelskoppe: Eugene Jantjies (3)



