Pukke behou onoorwonne rekord met naelbyt wen teen Maties in Varsity Netbal
NWU-Pukke se Varsity Netbalspan het met ‘n 36-35 oorwinning teen Maties die afgelope Maandag, 11 September in Pretoria, hulle greep op die eerste plek in vanjaar se toernooi verstewig. In Pukke se moeilikste wedstryd hierdie seisoen het hulle onder druk die regte prosesse toegepas om uiteindelik hulle teenstanders te oorwin. Wat ook nog merkwaardig is, …

NWU-Pukke se Varsity Netbalspan het met ‘n 36-35 oorwinning teen Maties die afgelope Maandag, 11 September in Pretoria, hulle greep op die eerste plek in vanjaar se toernooi verstewig.
In Pukke se moeilikste wedstryd hierdie seisoen het hulle onder druk die regte prosesse toegepas om uiteindelik hulle teenstanders te oorwin. Wat ook nog merkwaardig is, is dat Pukke ‘n relatiewe jong span vanjaar het en steeds sonder skroom indrukwekkende vertoning lewer.
In Dorette Badenhorst se laaste seisoen as Pukke afrigter, blyk dit of die spelers nog meer vasberadenheid as vantevore het om die titel vir ‘n derde agtereenvolgende ry te verower en op die toepaslikste manier dankie te sê.

Foto’s: ASEM Engage/Varsity Sports
Pukke se komende wedstryd is teen die NMMU Madibaz in Port Elizabeth op Maandag 18 September. Verlede jaar het die Madibaz vir Pukke geklop en sal vasberade wees om weer ‘n skoksege te bewerkstellig. Pukke sal wel hulle krag vir wys en hulle onoorwonne rekord vanjaar voortsit.
Dié wedstryd begin 16:30










