NW rolbal-ligaseisoen begin weer hierdie Dinsdag
Noordwes rolbal se ligaseisoen begin op Dinsdag 3 Oktober met die senior gemengde pare kampioenskap. 40 spanne het vir die kampioenskap ingeskryf en hulle is verdeel in 10 seksies wat Dinsdag sake sal uitspook. Die wedstryde word op Parys, Stilfontein en Orkney gespeel. Vyf pare van die stad het ingeskryf: twee van die Buiteklub en …

Noordwes rolbal se ligaseisoen begin op Dinsdag 3 Oktober met die senior gemengde pare kampioenskap.
40 spanne het vir die kampioenskap ingeskryf en hulle is verdeel in 10 seksies wat Dinsdag sake sal uitspook. Die wedstryde word op Parys, Stilfontein en Orkney gespeel.
Vyf pare van die stad het ingeskryf: twee van die Buiteklub en drie van die Potchefstroom Rolbalklub. Die huidige president van Noordwes Rolbal, Jan Koekemoer en sy vrou Helena, en Tienie Slabber en Elien Theunissen, verteenwoordig die Buiteklub. Die Palmer egpaar, Ronnie en Brenda, beide voormalige Noordwes presidente, Rose en Jean du Plessis en William Minne en Mina Carstens, is van die Potchefstroom Rolbalklub.



