SportSport

Varsity Netbaleindstryd: Driekuns in Pukke se visier teen Tukkies hierdie Maandag

‘n Jaar gelede het NWU-Pukke se Varsity netbalspan hulle tweede agtereenvolgende titel teen Tukkies in ‘n naelbyt 56-55 oorwinning behaal, wat die tuisspan se harte gebreek en die besoekers s’n van trots laat klop het. Nou gaan dieselfde twee universiteite komende Maandagaand, 9 Oktober weer teen mekaar in die 2017 Varsitynetbaleindstryd te staan kom op …

‘n Jaar gelede het NWU-Pukke se Varsity netbalspan hulle tweede agtereenvolgende titel teen Tukkies in ‘n naelbyt 56-55 oorwinning behaal, wat die tuisspan se harte gebreek en die besoekers s’n van trots laat klop het.

Nou gaan dieselfde twee universiteite komende Maandagaand, 9 Oktober weer teen mekaar in die 2017 Varsitynetbaleindstryd te staan kom op dieselfde baan in Pretoria. Om presies te wees, sal 362 dae verloop het tussen Pukke se 2016 en 2017 eindstrydbesoeke na Tuks se tuisbaan. Hierdie keer staan albei spanne weer ‘n uitstekende kans om die trofee te verower.

Dorette Badenhorst will coach her final match in the final against Tuks
Dorette Badenhorst sal in haar laaste wedstryd as Puk afrigter die titel omhoog hou.

NWU-Pukke afrigter Dorette Badenhorst, sal graag haar hoofstuk saam met die uitstekende netbalspelers op ‘n hoogtepunt met die beker omhoog in haar laaste wedstryd wil afsluit. In 2015 het sy Pukke na hulle eerste titel met ‘n 50-37 oorwinning teen Maties in die eindstryd gelei.

Badenhorst het ‘n groot invloed op baie spelers in dié span gehad en hulle gebring tot waar hulle vandag is. Een van hulle wat Maandag ‘n groot rol in die eindstryd  kan speel, is Proteas doel, Sigi Burger, wat in die halfeindstryd teen Kovsies haar terugkeer gemaak het na ‘n besering. Toe Burger die afgelope Maandag in Bloemfontein die baan betree, was haar impak groot en het sy bewys dat haar lengte nagmerries vir verdedigers veroorsaak.

Jessica du Plessis will be one of the Pukke players to look out for.
Jessica du Plessis sal een va ndie spelers wees wat ‘n impak kan maak.

“Ons het uitstekende en kliniese netbal gespeel teen Kovsies en die wen verdien, al was dit op tye baie moeilik. Ons het baie guts gewys in die halfeindstryd en ons sal dit in die eindstryd ook moet wys.

“Sigi het bewys dat sy ’n verskil maak  in die halfeindstryd en ons is bly dat ons haar weer in die span het,” het Badenhorst na haar span se halfeindstryd oorwinning van 53-37 teen Kovsies gesê.

Jessica du Plessis het ook vanjaar ‘n uitstekende seisoen op hulpdoel en as ‘n mens na haar skietvermoë in die halfeindstryd gekyk het, kan sy een van Pukke se wapens wees, veral in kombinasie met Burger.

Romé Dreyer speel kookwater netbal hierdie jaar en as sy haar beste spel speel kan Pukke ‘n wen deurtrek.

Pukke senter, Romé Dreyer, wat as een van Varsity Netbal se spelers van die toernooi benoem is sowel as Zandré Erasmus, wat week na week vir haar verdediging toekennings wen, sal ook ‘n groot impak moet maak teen ‘n gedugte Tukkies-span.

Tukkies se groot wapens is beide agter en voorlangs met die uitstekende Shadine van der Merwe en Jasmine Ziegelmeier wat die verdedigingslinie lei. Ine-Marie Venter en Rumandi Potgieter is ook kookwater vanjaar en skiet doele vir pret. In die halfeindstryd teen Maties het hulle dit beklemtoon met ‘n 74-43 afranseling.

* Die eindstryd word op Maandag, 9 Oktober vanaf 19:00 regstreeks op Supersport 210 uitgesaai.

Foto’s: Asem Engage/Varsity Sports

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button