Rassie de Jager se duiwe koer in Victoria Wes
In die wedvlug van week 13 vanaf die mooi , klein Karoo dorpie Victoria Wes (648km), het nuweling Rassie de Jager van P.P.K. wedvlug twee syne gemaak, met Faan de Beer tweede en Salty en Lettie derde. Die eerste drie duiwe vlieg ‘n skoon breuk op die vierde duif van meer as 20 minute! In …

In die wedvlug van week 13 vanaf die mooi , klein Karoo dorpie Victoria Wes (648km), het nuweling Rassie de Jager van P.P.K. wedvlug twee syne gemaak, met Faan de Beer tweede en Salty en Lettie derde.
Die eerste drie duiwe vlieg ‘n skoon breuk op die vierde duif van meer as 20 minute!
In die eerste vlug het Salty de Villiers die bordjies verhang en hier met die wen “weggevlieg”! Verkeersman Nic Stassen eindig hier tweede en afgetrede ingenieur Eddie Bondesio, derde.
By M.R.K. is dit Des Humpel wat wys hy hou van die langpad met sy wen in die ope twee wedvlug. Arrie Marais eindig tweede met Suid- wester Willem Moolman wat wys hy’s nie net tevrede met ‘n derde plek nie, deur nog plekke vier en vyf ook te verower. In die wedvlug van week 14 vanaf die bekende Drie Susters (690 km) is daar net drie manne wat saamgesels by P.P.K. Rassie de Jager wen weer, maar die keer in ope vlug een. Stassen is kort op sy hakke met Salty en Lettie derde. In wedvlug twee verower Stassen eerste en tweede plekke met Salty de Villiers derde.
Die onttrekking van Kiewiet Marais en Sarel Naude vir die res van die seisoen ‘n maand gelede, het verseker ‘n leemte gelaat. By M.R.K. het Johan Schlebusch “fyn kos” van sy klubmaats gemaak met sy “volhuis” van eerste, tweede en derde plek. Slegs Hennie Aucamp kon binne minute van Schlebusch af kom in die vierde plek. Aucamp wys duidelik sy intensies in die langpad-kompetisie deur in wedvlug twee koning “te koer” met sy eerste en derde plekke. Schlebusch eindig hier tweede.
* Lees volgende week oor week 15 (Beaufort Wes) en week 16 (Leeu Gamka) se wedvlugte wat beslis is oor 762 en 832 kilometer onderskeidelik!



