SportSport

Tuks breek NWU-Pukke se Varsity Netbalgreep met 43-41 oorwinning in eindstryd

So naby maar tog so ver NWU-Pukke! Tukkies se Varsity Netbalspan was op hulle tuisbaan die doring in NWU-Pukke se vlees met ‘n 43-41 oorwinning in die 2017 Varsity netbal-eindstryd vanaand (Maandag, 9 Oktober) in Pretoria. Sodoende het Tukkies Pukke se houvas op dié trofee gebreek en vir die eerste keer in geskiedenis die Varsity …

So naby maar tog so ver NWU-Pukke!

Tukkies se Varsity Netbalspan was op hulle tuisbaan die doring in NWU-Pukke se vlees met ‘n 43-41 oorwinning in die 2017 Varsity netbal-eindstryd vanaand (Maandag, 9 Oktober) in Pretoria.

Sodoende het Tukkies Pukke se houvas op dié trofee gebreek en vir die eerste keer in geskiedenis die Varsity netbaltrofee omhoog gehou.

Dorette Badenhorst en haar spelers kon sodoende nie ‘n perfekte einde aan die onoorwonne toernooi bring nie en nou is ‘n driekuns titels iets van die verlede.

Dit was spannende netbalteater van die hoogste gehalte waar beide Tukkies en Pukke die 2017 Varsity Netbaltitel wel kon verower het. Heen en weer het die telling omgeswaai met albei spanne wat momentum in sekere tye gehad het.

Tukkies se verdediging was een van hulle sterkpunte waar hulle Pukke se Sigi Burger en Jessica du Plessis se ruimte en beweging beperk het.

Hier was Shadine van der Merwe, Jasmine Ziegelmeier en die speler van die wedstryd, Lungile Mthembu vuur en vlam en was rotsvas in kritieke oomblikke.

Tukkies het die tweede kwart gebruik om ‘n groot 29-22 voortou teen Pukke danksy ‘n Powerplay te bou en hulle kan gewis terugkyk na hierdie tydsgreep waar hulle die beste netbal gespeel het.

Pukke het wel nooit opgegee nie in die derde kwart hulle Powerplay gebruik en het in ‘n fenomenale poging met 35-33 toe voorgeloop nadat hulle 4 uit 4 doelpogings gesink het.

Tukkies het wel in die laastye 15 minute kopgehou en hulle geleenthede gebruik om die naelbytstryd met 43-41 te wen.

Lees meer oor hierdie wedstryd in komende week se Potchefstroom Herald (Donderdag, 12 Oktober)

Sport

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button