SportSport

Noordwes Rolbal kies topspelers

Noordwes rolbal het die ses spanne wat in Maart 2018 aan die onderskeie nasionale (interdistrikte) toernooie gaan deelneem, aangekondig. Twaalf spelers van die stad se rolbalklubs is in die spanne ingesluit. Die spanne word deesdae baie vroeg gekies sodat die spelers ook gereeld in spanverband saam kan oefen. Jan Koekemoer, president van Noordwes rolbal, het …

Noordwes rolbal het die ses spanne wat in Maart 2018 aan die onderskeie nasionale (interdistrikte) toernooie gaan deelneem, aangekondig. Twaalf spelers van die stad se rolbalklubs is in die spanne ingesluit.

Die spanne word deesdae baie vroeg gekies sodat die spelers ook gereeld in spanverband saam kan oefen. Jan Koekemoer, president van Noordwes rolbal, het uitdruklik gesê dat die spanne verander kan word indien omstandighede dit sou vereis.

“Daar sal van die spelers verwag word om hulle self goed voor te berei, gereeld te oefen en ten alle tye die naam van Noordwes rolbal hoog te hou,” sê Koekemoer.

Pierre en Corrie Breitenbach van die Potchefstroom Rolbalklub is gekies vir die mans en vroue A-spanne. Ian en Hannetjie Nieuwoudt sal onderskeidelik die mans en vroue B-spanne verteenwoordig. Chris de Witt speel ook vir die mans B-span. Die drie speel rolbal by die Buiteklub. Sega Mokoto van Weermag sal ook vir die vroue B-span speel.

Heelwat senior spelers van die stad is gekies. Die Potchefstroom rolbalklub spog met vier spelers: Ronnie en Brenda Palmer, William Minne en Rose du Plessis. Die Buiteklib (PCC) se verteenwoordigers is Helena Koekemoer en Cathy Stewart.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button