SportSport

Luiperds positief vir Europese rugbybod

Die Luiperds Rugbyunie in samewerking met die Valke en die Griffons, is besig om ‘n bod saam te stel om aan volgende jaar se Anglo-Walliese reeks deel te neem. Hierdie nuutste wending kom juis in ‘n tyd waar daar kommer oor SA Rugby se skuld dilemmas is. Tog verseker die Luiperds se hoof uitvoerende beampte, …

Die Luiperds Rugbyunie in samewerking met die Valke en die Griffons, is besig om ‘n bod saam te stel om aan volgende jaar se Anglo-Walliese reeks deel te neem.
Hierdie nuutste wending kom juis in ‘n tyd waar daar kommer oor SA Rugby se skuld dilemmas is.

Tog verseker die Luiperds se hoof uitvoerende beampte, Andries de Kock, dat die Luiperds tesame met die Valke en Griffons die enigste unies is wat op ’n kontantbasis bedryf word.

Black Friday

Die Luiperds Rugbyunie het hierdie week ‘n verklaring uitgereik waarin hulle duidelik maak dat hulle met ‘n berig in Rapport van 29 Oktober verskil rondom die feit dat net die Valke en Griffons kop bo water hou.
“Die Luiperds Rugbyunie wil hulle ondersteuners verseker dat sake by die Unie gesond is en dat die Luiperds uitsien na die 2018 seisoen,” lui die verklaring.

Die president van die Luiperds Rugbyunie, Adv. André May het by verlede week se Luiperds jaareindfunksie genoem dat planne reeds ver gevorder is met hierdie nuwe bod vir moontlike rugby in Europa.

“Daar is geleentheid vir ons as die Luiperds Rugbyunie om aan die Anglo-Walliese reeks deel te neem.
“Ons gaan met proff. Ronnie Lotriet en Christo Bisschoff van NWU se Besigheidskool saamwerk aan ‘n bod. Ons moet teen 20 November ons voorlegging indien,” het May by die jaareindfunksie uitgebrei.

Volgens May is Suid-Afrikaanse rugby besig om na die Noordelike Halfrond te beweeg en geleenthede daar te kry om gehalte rugby te speel.

“Ek is vol selfvertroue dat ons, saam met die Valke en Griffons, dit sal kry. Dit sal ‘n fantastiese geleentheid wees vir die spelers om ook hulle loopbane te verryk en voor Europese ondersteuners te speel,” het May bygevoeg.

Indien die Luiperds slaag, sal hulle in November 2018 aan die Anglo-Walliese reeks teen spanne soos die Sale Sharks, Leicester Tigers en London Irish speel.

Sport

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button