Potch Dorp vroue klop Buiteklub in rolbalstryd
Die Vroue Premierliga rolbalspan het Saterdag die span van die Buiteklub met 83-66 geklop en is in die tweede plek op die punteleer in die liga met 14 punte. Parys loop voor met 18 punte. Die Buiteklub se span is tans vyfde met 5 ligapunte. Potchefstroom Dorp se manspan is in die derde plek op …

Die Vroue Premierliga rolbalspan het Saterdag die span van die Buiteklub met 83-66 geklop en is in die tweede plek op die punteleer in die liga met 14 punte. Parys loop voor met 18 punte.
Die Buiteklub se span is tans vyfde met 5 ligapunte.
Potchefstroom Dorp se manspan is in die derde plek op die punteleer met 9 punte na hulle Fochville Saterdag met 87-78 geklop het.
Die Buiteklub het twee spanne in die Mans Eersteliga. PCC 1 is tans derde in seksie 1 en PCC 2 is vyfde in seksie 2.
*Die Buiteklub is Dinsdag die gasheer vir die Noordwes Senior Pare- kampioenskap se mansafdeling. Die vroue speel in Klerksdorp.
Die stad se vier spanne wat ingeskryf het is Helena Koekemoer en Minnie Swart van die Buiteklub, Rose du Plessis en Elly van Dijk van Potch Dorp, Pieter Cloete en Alret Barnard van die Buiteklub en Jan Koekemoer en Tinnie Slabber ook van die Buiteklub.




