SportSport

NWU gereed vir groot oefenwedstryd teen Tukkies vandag op die Fanie

Die roete na die 2018 Varsitybeker begin daadwerklik vandag vir beide die NWU en Tukkies wat vandag (Woensdag, 17 Januarie) op die Fanie du Toit Sportgronde om 13:00 mekaar in ‘n oefenwedstryd gaan takel. Beide spanne het ‘n goeie voorseisoen tot dusver gehad en NWU-afrigter Jonathan Mokuena sal verseker na hierdie wedstryd kyk met die …

Die roete na die 2018 Varsitybeker begin daadwerklik vandag vir beide die NWU en Tukkies wat vandag (Woensdag, 17 Januarie) op die Fanie du Toit Sportgronde om 13:00 mekaar in ‘n oefenwedstryd gaan takel.

Beide spanne het ‘n goeie voorseisoen tot dusver gehad en NWU-afrigter Jonathan Mokuena sal verseker na hierdie wedstryd kyk met die oog op ‘n beginspan vir hulle openingswedstryd teen CUT op 29 Januarie wanneer die Varsitybeker begin.

Tiaan Bezuidenhout begin as kaptein op agtsteman, met die ervare Gideon van der Merwe (flank), Walt Steenkamp (slot) en Louis van der Westhuizen (haker) wat ook in die beginspan opgeneem is. Die skakelpaar van Schalk Hugo en Chriswill September is ook ‘n gevestigde eenheid en hulle vertroudheid met mekaar sal die platform vir die tuisspan se blitsige agterlyn skep. Dean Gordon (regtervleuel), Marco Donges (binnesenter) en Jimmy Mpailane (linkervleuel) sal vir oulaas hulle plekke in die beginspan wil bevestig met goeie vertonings.

Mokuena het gister aan Herald genoem dat hy nie veel van Tuks se span weet nie en eerder op sy eie spelpatroon en spelers gaan fokus. Dit mag dalk net die perfekte aanslag wees met talle nuwe spelers wat die opposisie vanjaar in die Varsitybeker sal laat kopkrap.

NWU teen UP-Tuks: Jandré Grobler; Dean Gordon, Justin Newman, Marco Donges, Jimmy Mpailane; Schalk Hugo, Chriswill September; Tiaan Bezuidenhout (kaptein), Wandi Mazibuko, Gideon van der Merwe, Walt Steenkamp, Johan Retief, Matimu Maganji, Chukkie van der Westhuizen, Morné Strydom

Lees meer oor die opkomende Varsitybeker en die NWU se voorbereiding in môre (18 Januarie) se uitgawe van Potchefstroom Herald.

PNP

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button