SportSport

Twee Potchefstroom Pare deur na Noordwes Rolbal Pare halfeind

Twee Pare van die stad se rolbalklubs het Saterdag deurgedring na die halfeindstryde van die Noordwes Rolbalpare-kampioenskap. Die halfeind en eindwedstryde word hierdie Saterdag by die Klerksdorp Rolbalklub gespeel. Sega Mokoto en Baby Mojanaga van die Buiteklub (PCC) speel teen Christine Marais en Nicole Jaarsma van La Farge in Lichtenburg. In die ander halfeind pak …

Twee Pare van die stad se rolbalklubs het Saterdag deurgedring na die halfeindstryde van die Noordwes Rolbalpare-kampioenskap. Die halfeind en eindwedstryde word hierdie Saterdag by die Klerksdorp Rolbalklub gespeel.
Sega Mokoto en Baby Mojanaga van die Buiteklub (PCC) speel teen Christine Marais en Nicole Jaarsma van La Farge in Lichtenburg. In die ander halfeind pak Helen Jansen en Tracy Jacobs van Strathvaal vir Jillian Booth en Rhonda Kallis van Klerksdorp.
Die finaal begin om 13:00
In die mans Pare het die Janse van Rensburgs van Potchefstroom Rolbalklub, Gerrit en Willie, deurgedring om in die een halfeind teen een van die drie Klerksdorp mans Pare in die halfeind te speel. Hulle speel teen Josh Radebe en Anton Grobler. In die ander halfeind speel die Klersdorpers Tinus Crous en Piet Croucamp teen Johan Visser en Deon Pitts.
*Die Noordwes Rolbal Driespel (trips) begin op Saterdag 3 Februarie. Lees volgende week meer oor die inskrywings.

Mall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button