SportSport
Gimmies klop Hans Moore gemaklik
Potchefstroom Gimnasium het die afgelope naweek teen Hans Moore in die Finsburyreeks op die krieketveld kragte gemeet. Die 1ste span het tuis gespeel en die wedstryd is as gevolg van die reën na 25 beurte per span verkort. Gimmies het 147/5 aangeteken. Robert Cameron het 67 lopies van 55 balle aangeteken en Marinus Pienaar 44 …

Potchefstroom Gimnasium het die afgelope naweek teen Hans Moore in die Finsburyreeks op die krieketveld kragte gemeet.
Die 1ste span het tuis gespeel en die wedstryd is as gevolg van die reën na 25 beurte per span verkort. Gimmies het 147/5 aangeteken. Robert Cameron het 67 lopies van 55 balle aangeteken en Marinus Pienaar 44 lopies van 45 balle. Hans Moore is vir 47 lopies uitgeboul. Ronald Hendricks neem 3 paaltjies in 3 beurte en staan slegs 1 lopie af. Duan Jansen en Martin Landman het elk 2 paaltjies geneem. Gevolglik wen Gimmies met 100 lopies. Die o.15’s se wedstryd in Benoni is afgelas weens reën.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



