SportSport

Atlete gaan vir goud by opkomende Interhoër

Hierdie jaar sprei Varsity Sports sy vlerke na hoërskoolatletiek. Dit is die eerste jaar wat Varsity Sports agt Interhoër byeenkomste oor die land aanbied om skole uit verskillende streke bymekaar te bring om teen hul eweknie mee te ding. Hierdie reeks is die breinkind van Duitser Bosman, uitvoerende direkteur van Varsity Sports en 1995 Rugbywêreldbeker-wenner …

Hierdie jaar sprei Varsity Sports sy vlerke na hoërskoolatletiek. Dit is die eerste jaar wat Varsity Sports agt Interhoër byeenkomste oor die land aanbied om skole uit verskillende streke bymekaar te bring om teen hul eweknie mee te ding.

Hierdie reeks is die breinkind van Duitser Bosman, uitvoerende direkteur van Varsity Sports en 1995 Rugbywêreldbeker-wenner Francois Pienaar, in samewerking met borge soos Twizza, Ramble en die NWU wat altesaam meer as R2 miljoen bydra om hierdie reeks ’n realiteit te maak. Die reeks skop op Saterdag 17 Februarie op die Kenneth McAthur Stadion af wat Gimmies aanbied.

Hierdie reeks gaan as North West Gold bekendstaan, Die skole wat hier gaan spiere bult is: Diamantveld Hoërskool, Hoërskool Klerksdorp, Hoërskool Lichtenburg, Potchefstroom Boys High en Potchefstroom Girls High (wat as een skool gaan deelneem), Potchefstroom Volkskool, Rustenburg Hoërskool, Wesvalia Hoërskool en Gimmies.

Varsity Sports wil graag met hierdie Interhoërs wat byna 100 skole insluit, weer hoërskool atletiek in die kollig plaas, met die moontlikheid van ’n nasionale kompetisie tussen die wenners en dekking op Supersport in die toekoms.

Mall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button