SportSport

Atlete sing in die reën by SA Skole Atletiekkampioenskappe in Potch

Die SA Hoërskole Atletiekkampioenskappe het vandag in Potchefstroom amptelik in papsopnat weer by die Kenneth McArthur Atletiekstadion begin met atlete wat die reën trotseer het soos die Hemele oopgegaan het. Die toestande is nie ideaal vir atletiek nie, maar die byeenkoms het voortgegaan met verskeie uitdunne wat oor die loop van die dag plaasgevind het. …

Die SA Hoërskole Atletiekkampioenskappe het vandag in Potchefstroom amptelik in papsopnat weer by die Kenneth McArthur Atletiekstadion begin met atlete wat die reën trotseer het soos die Hemele oopgegaan het. Die toestande is nie ideaal vir atletiek nie, maar die byeenkoms het voortgegaan met verskeie uitdunne wat oor die loop van die dag plaasgevind het.

Vir Atletiek Sentraal Noordwes het Damian Visagie in die uitdunne vir seuns o.19 400 meter sy provinsie en Promosa Sekondêr se naam hoog gehou met ‘n tyd van 49.38 om sy plek in die semi-finaal te bespreek. So ook Johan Stadler van Gimmies met ‘n tyd van 49.82 was ook op sy stukke in dieselfde item. Gimmies se Donevan du Toit (Seuns o.19 – 100 m) en Miandi van Staden (dogters o.17 – 100m) het ook in die naellope uitgeblink. Volkies se Robert de Villiers het ook eerste plek in die seuns o.19 3000 meter hindernis behaal.

Dit is hier in hierdie moeilike toestande waar atlete of hulle staal wys of roes in die kollig van dié groot byeenkoms. Die kampioenskappe duur tot Saterdag 24 Maart.

Kyk die foto’s hier van dag 1 en hou die webtuiste dop vir verdere aksie soos die naweek verloop. (Foto’s: Wouter Pienaar)

Mall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button