Willows gholftoernooi weer ‘n reuse sukses
Die Spar Willows gholftoernooi het op Vrydag 30 Maart amptelik begin. Vier en vyftig pare het die kompetisie begin en oor die naweek deelgeneem. * Die formaat vir Vrydag se kompetisie was ‘n Better Ball Scramble Drive en die wenners was: 1e – Hennie Anderson en Snake Snyders met 54 punte (Klerksdorp en Orkney) 2e …
Die Spar Willows gholftoernooi het op Vrydag 30 Maart amptelik begin.
Vier en vyftig pare het die kompetisie begin en oor die naweek deelgeneem.
* Die formaat vir Vrydag se kompetisie was ‘n Better Ball Scramble Drive en die wenners was:
1e – Hennie Anderson en Snake Snyders met 54 punte (Klerksdorp en Orkney)
2e – Christo Swanepoel en Jacques Dippenaar met 53 punte
3e – Alec Levin en Roland Roy met 53 punte
* Saterdag 31 Maart was die formaat ’n Bonus Better Ball en die wenners was:
1e – Coenie de Beer en Louw de Beer met 65 punte (Thabazimbi en Klerksdorp)
2e – Frik de Beer en Tiaan Pitout met 63 punte
3e – Jean van der Kewie en Louis Fouché met 62 punte
* Sondag 1 April was die formaat ‘n Switch Drive gesamentlike IPS en die uitslae was soos volg:
1e – Frik de Beer en Tiaan Pitout met 83 punte (Potchefstroom)
2e – Vaughan Wandrag en Ivan Paiva met 81 punte
3e – Christo Peens en Petrus van Schalkwyk met 79 punte.
* Maandag 2 April was die groot dag waar al die spelers moes presteer. Die formaat was ‘n gesamentlike IPS-kompetisie.
Ongelukkig het die weerlig oorgeneem en moes die dag gekanselleer word weens die gevaar van weerlig.
* Die Willows se wenners word bepaal deur die gesamentlike punte van die paar oor al vier dae en die wenners van die toernooi was soos volg:
1ste: Jaco Froneman en Warren Claassens – 184 (Kroonstad)
2de: Frik de Beer en Tiaan Pitout – 183 (C/I) (Potchefstroom)
3de: Naas Lategan en Ferdi Otte – 183 (Potchefstroom)
* As voorloper tot die Spar Willows Gholftoernooi is daar op Donderdag, 29 Maart ‘n syfer 3- kompetisie aangebied.
Die kompetisie is soortgelyk aan die Master se syfer 3-kompetisie.
Die uitslag was:
Gross wenner:
1e – Riaan Swart met ‘n telling van 25 na ’n uitspeel (Potchefstroom)
2e – Henri Swanepoel met ’n telling van 25
3e – Philip Niemand met ’n telling van 27
Netto:
1e – Jaco Froneman met ’n telling van 22 (Kroonstad)
2e – Pieter Taljaard met ’n telling van 22.5
3e – Johan Britz sr. met ’n telling van 23
* Op Woensdag 28 Maart het die klub ‘n Bonus Bogey-kompetisie aangebied. Die wenners was:
1e – Henri Swanepoel met +3
2e – Gerrie Badenhorst met +2
3e – Chris Cronje met +1
So het nog ‘n wonderlike naweek van topgehalte gholf ten einde geloop met verskeie spelers wat reeds ingeskryf het vir die Willows 2019.






