SportSport

Gimmies se krieketkaptein maak skitterende buiging vir NW Dragons

Met senuwees van staal en ‘n goeie kop op sy skouers, het Gimmies se eerstespan krieketkaptein, Marco Jansen, sy buiging vir die Noordwes Dragons in die eindstryd van die KSA Eendag- kompetisie teen Gauteng gemaak. Dit gebeur bitter min dat skoolspelers in ‘n finaal hulle eerste wedstryd in semi-professionele krieket speel, en amper nog skaarser …

Met senuwees van staal en ‘n goeie kop op sy skouers, het Gimmies se eerstespan krieketkaptein, Marco Jansen, sy buiging vir die Noordwes Dragons in die eindstryd van die KSA Eendag- kompetisie teen Gauteng gemaak.
Dit gebeur bitter min dat skoolspelers in ‘n finaal hulle eerste wedstryd in semi-professionele krieket speel, en amper nog skaarser dat hulle die taak gegee word om die boulwerk te open.
Dit is presies wat Jansen moes doen en saam met die ervare Craig Alexander het dié Gimmie met die wit bal sy eerste paaltjie met sy 19de aflewering gekry. Dit was ’n puik bal wat die randjie van Muhammed Mayet se kolf gekry het en in Wihan Lubbe se hande in die glippe geval het.
Jansen eindig met 8-1-30-1 en kan uiters trots op sy debuut wees, met Noordwes hoofafrigter, Monty Jacobs, wat goeie woorde vir die jong veelsydige speler het.
“Marco oefen al ‘n maand saam met die Dragons en hy boul regtig baie goed. Hy het ook gewys dat hy druk kan hanteer. Ons het besluit om hom te laat speel omdat ons ‘n ekstra bouler nodig gehad het vir die wedstryd. Dit was moeilik om kolwers soos Ruan Haasbroek en Shane Dadswell uit te haal, maar ek glo hy het ons besluit met goeie boulwerk regverdig,” noem Jacobs.

Mall

Related Articles

Back to top button